Hoe lyk jou alledaagse?

Persoon wat oor 'n berg uitkyk

Gryp ‘n beter alledaagse aan.

Soms is verandering nie gemaklik nie. Soms voel ‘n “nuwe alledaagse” nie alledaags nie.

Hoe moet ons dit wat God besig is om te doen, met vreugde aangryp as ons nie al die besonderhede daarvan kan sien nie? Hoe kan ons elke dag met moed en vriendelikheid aanpak, as die dinge wat rondom ons gebeur te moeilik voel om te hanteer?

Kom ons ontdek hierdie maand hoe om ‘n beter alledaagse te skep, deur diep te delf in die waarhede van God se Woord.

Begin ‘n Leesplan:

Kyk Na Nog Leesplanne

Share this post:

Kom ons bid saam vir vrede

Kusstrook

Wat kom in jou gedagtes op wanneer jy aan vrede dink?


Vrede kan baie dinge beteken, maar as die definisie nie in die Woord van God geanker is nie, dan is die vrede waarna ons smag slegs ‘n skadu van die vrede wat God verlang om aan ons te gee.

Kom ons vra op hierdie oomblik dat die vrede van God ons lewens en ons wêreld met hierdie twee gebede vul.

Ervaar God se Vrede

O God, my lewe is met beproewings en swaarkry gevul. Soms voel ek oorweldig en bedroef. Nogtans is ek dankbaar dat U in elke omstandigheid by my is. In U kan ek vrede hê. Selfs al gaan ek vandag deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. Ek sal moed hou, want U het die wêreld klaar oorwin. Ek sal my vertroue op U stel. Terwyl ek dit doen, vul my met alle vreugde en vrede sodat my hoop al hoe sterker kan word, deur die krag van die Heilige Gees! Laat die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, oor my hart en gedagtes die wag hou in Christus Jesus. Amen.

Stoor hierdie Gebed

Vrede vir Ons Wêreld

Liewe Vader, dankie dat U die wêreld klaar oorwin het. Dankie dat in al hierdie dinge ons meer as oorwinnaars is deur Hom wat vir ons liefhet. Help ons om vandag van die kwaad af weg te bly, “te doen wat goed is, vrede te soek en dit na te jaag.” Maak ons gretig om die eenheid wat die Gees tussen ons gesmee het, te handhaaf deur nie te gou te praat nie en nie te gou kwaad te word nie.

Mag wat ek sê en wat ek dink tog vir U aanneemlik wees, Here, my Rots en my Verlosser. Rig ons voetstappe op die pad van vrede sodat ons harte van wysheid kan bekom. Herstel ons land o Heer en seën u volk met oorvloedige vrede. Amen.

Stoor hierdie Gebed

Share this post:

“Elke keer as ek aan julle dink …”

Ek dank my God elke keer as ek aan julle dink. - Filippense 1:3 - Versbeeld

Eer ‘n Nalatenskap.

Dink aan die mense wat insette in jou lewe gemaak het. Dié wat jou gehelp het om kosbare herinneringe te skep. Hulle wat gereeld vir jou gebid het en jou met hulle wysheid bemoedig het.

Dit mag ‘n ouma of oupa, buurman of -vrou, predikant of ouer wees. Kom ons vier vandag hulle nalatenskap.

Sê nou dadelik vir iemand dankie vir hulle invloed op jou lewe, deur vir hulle hierdie versbeeld te stuur.

Bemoedig Iemand

Share this post:

Hier is ‘n bietjie hoop vir vandag.


HOU U LIEFDE OOR ONS, HERE, WANT ONS STEL ONS VERTROUE IN U.

PSALM 33:22

Berghang

Dit was ‘n rowwe jaar. Maar wat ook al in jou lewe aangaan, weet dit: Jy is geliefd. Neem elke dag ten minste ‘n paar minute om jouself te herinner aan die hoop wat ons in Jesus het. Voeg hierdie gebed by jou gebedslys en lees een van hierdie leesplanne oor hoop.


‘n Gebed vir Vreugde en Hoop

Vader, gee my asseblief weer die vreugde van u verlossing. Verwyder die gees van swaarmoedigheid van my af, en verkwik my met ‘n gees van hoop. Skenk my asseblief vreugde en vrede en vernuwe my krag. Beskerm my en my gesin teen probleme, Here. En gee ons ‘n loflied vir U. Amen.

Stoor Hierdie Gebed


Leesplanne oor Hoop

Share this post:

Skep moed in die aangesig van onsekerheid

Persoon met hand op agterkop

Jy is nooit alleen nie.

Ons almal kan aan omstandighede dink waar ons angstig, vreesagtig en onseker gevoel het. ‘n Rampspoedige newe-effek van ons gebroke wêreld, is dat dit met chaos gevul is waaroor ons geen beheer het nie.

Maar selfs in onseker tye belowe God om nooit mense in die steek te laat of alleen te laat wat tot Hom nader nie. Hy hou die toekoms in sy hande.

Of jy nou op hierdie oomblik op soek is na hoop of herinneringe soek oor God se beloftes, laat toe dat Hy jou bemoedig deur middel van hierdie leesplanne.

Vind Jou Volgende Leesplan:

Kyk Na Nog Leesplanne

Share this post: