Moenie bekommerd wees oor hoe julle sal lewe nie

Moenie bekommerd wees oor hoe julle sal lewe nie

25  
“Daarom sê Ek vir julle: Moet julle nie bekommer oor julle lewe, oor wat julle moet eet of drink nie, of oor julle liggaam, oor wat julle moet aantrek nie. Is die lewe nie belangriker as kos en die liggaam as klere nie?

26  
Kyk na die wilde voëls: hulle saai nie en hulle oes nie en hulle maak nie in skure bymekaar nie; julle hemelse Vader sorg vir hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie?

27  
Trouens, wie van julle kan deur hom te bekommer sy lewe met een enkele uur verleng?

28  
En wat bekommer julle julle oor klere? Let op hoe groei die veldlelies: hulle swoeg nie en hulle maak nie klere nie.

29  
Maar Ek sê vir julle: Selfs Salomo in al sy prag was nie geklee soos een van hulle nie.

30  
As God dan die gras van die veld, wat vandag nog daar is en môre verbrand word, so versier, hoeveel te meer sal Hy dan nie vir julle sorg nie, julle kleingelowiges?

31  
“Julle moet julle dus nie bekommer en vra: ‘Wat moet ons eet of wat moet ons drink of wat moet ons aantrek?’ nie.

32  
Dit is alles dinge waaroor die ongelowiges begaan is. Julle hemelse Vader weet tog dat julle dit alles nodig het.

33  
Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.

34  
“Moet julle dus nie oor môre bekommer nie, want môre bring sy eie bekommernis. Elke dag bring genoeg moeilikheid van sy eie.”

Matthew 6 in Afrikaans

Matthew 6 in English

Share this post:

Wie sal vir jou bid?


Wie ken jy wat jou sal bemoedig?

Vriende op 'n staptog

“Ek het deur die Psalms gelees op my selfoon. Ek het my man gevra of hy sou omgee as ek een hoofstuk hardop lees in verskillende vertalings. Sedert daardie dag lees ons elke aand ‘n hoofstuk of twee voordat ons die lig afsit. Dit het die dinamika van ons huwelik totaal en al verander.”

Debbie L.

Wie ken jy wat jou sal liefhê?

Vriende op die strand met sonsondergang

Wie ken jy wat jou sal inspireer?

Vriende wat in die veld stap

“Ek het beter toegang tot God se Gedagtes, deur die perspektiewe van my vriende. Ek het ook met baie vriende regoor die wêreld kontak gemaak, en ons deel gedagtes en bemoedig mekaar. Dis wonderlik!”

Eme I.

Wie ken jy wat jou sal uitdaag?

Vriende bo-op 'n berg

Wie ken jy wat vir jou sal bid?

Vriende wat vir iemand bid

Die Bybel is vol stories oor mense wat feesvier in die goeie tye…en wat mekaar help in moeilike tye. Jy het verhoudings met beste vriende nodig, wie jy kan vertrou. En hulle het jou nodig.

Nooi vriende uit om ook die Bybel Toep te gebruik.

Soek Vriende


Share this post:

3 Maniere om Rus te Vind in ‘n Wêreld wat nie Ophou Werk nie

Iemand op 'n roeibootjie teen sonsondergang

Hy het die sewende dag as gereelde rusdag geheilig, want op daardie dag het Hy gerus na al die skeppingswerk wat Hy gedoen het.

GENESIS 2:3

Rus – om te ontspan, asem te skep, diep asem te haal en rustig te wees.

Wanneer laas het jy rustig geraak, weggebreek en ontspan? Rus is ‘n geskenk wat ons al te dikwels eenkant skuif.

Om besig te bly gee ons die gevoel dat ons iets bereik, maar dit kan misleidend wees. Sonder realistiese grense kan besigbly ‘n dwelm wees wat ons verdoof van ons behoefte om naby God te kom: Hy wat die Gewer van elke goeie gawe en volmaakte geskenk is.

Wie die Here dien, se lewe is veilig; so ‘n mens slaap rustig, geen ramp tref hom nie.

SPREUKE 19:23

Om sonder rus te lewe is nie volhoubaar nie. Rus verfris ons, en gee ons die energie wat ons nodig het om God te eer en ander mense lief te hê. Dis ‘n geestelike dissipline om rus te beoefen, en dit help ons om God se teenwoordigheid te geniet en ons prioriteite reg te kry.

Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is. Hy gee my nuwe krag.

PSALMS 23:2-3a

Hier is 3 maniere waarop jy rus in jou dag kan inpas:

Dink Waaroor Jy Dink

In Romeine 12 moedig Paulus ons aan om ons denke te vernuwe. Om bedag te wees oor waaroor ons dink, kan ons help om ons harte en gedagtes in lyn te bring met wat God besig is om te doen. Waar is jy die beste gefokus? Op jou rusbank met ‘n beker koffie of tee? Tydens ‘n drafsessie of as jy na aanbiddingsmusiek luister? Doen iets wat jou na aan God laat voel, en fokus jou gedagtes op Hom, op daardie plek, voor jy jou dag aanpak.

Uitdaging: Neem elke dag 5-10 minute om elke bekommernis en verantwoordelikheid te visualiseer, en gee dan elkeen in gebed oor aan Jesus. (Skryf dit neer, as dit jou beter gaan help.)

Oordink ‘n skrifgedeelte wat jy gelees het

Alle Skrif word deur God geïnspireer. Wanneer jy God se Woord lees, of daarna luister, en dan nadink oor wat dit beteken, leer jy om God se stem te herken. As jy doelbewus tyd wil maak om die Bybel te lees, moet dit jou prioriteit wees om jou gedagtes net om Jesus te fokus.

Uitdaging: Gebruik 30 minute per dag om God se Woord te lees of daarna te luister. Tydens daardie periode moet jy jou TV, selfoon en rekenaar afsit. Pak ‘n Leesplan aan, neem notas en skryf jou gedagtes neer. Laat toe dat God met jou praat.

Omring jou met mense

Alleentyd met God beteken nie noodwendig dat jy jou van ander mense moet onttrek nie, inteendeel, soms moet jy tyd maak vir mense. Tydens jou rusperiodes is dit ‘n goeie tyd om die lewe saam met jou hartsmense te geniet. Ons is nie gemaak om alleen deur die lewe te gaan nie. Ons het mekaar nodig.

Uitdaging: Spandeer doelbewus ‘n uur of twee per week met mense vir wie jy lief is. Moenie ‘n afspraak maak nie. Daag net op en geniet mekaar se geselskap. Skryf na die tyd alles neer wat God aan jou geopenbaar het terwyl julle bymekaar was.

Dis maar net ‘n paar wenke om jou te help om intimiteit met God ‘n daaglikse roetine te maak. Vind nog ander maniere om rus te vind, deur een van die Leesplanne hier onder te lees.

Doen Leesplanne oor Rus

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Share this post:

Bekendstelling: Nuwe en Verbeterde Skriftipes!

Skriftipe Kieser

Het jy al ooit gewens dat jy meer skriftipes gehad het om die Bybel of jou Bybelleesplanne mee te lees, of om jou versbeelde te verpersoonlik? Jy kan nou eenvoudig die Skriftipe knoppie aan die bokant van jou skerm druk (of in jou Leserinstellings) en die een soek wat jy verkies.

Wil jy nog meer keuses hê? Gaan kyk by jou toestel se instellings. Enige skriftipe wat op jou toestel beskikbaar is, is nou ook in die Bybel Toep beskikbaar.

Verpersoonlik dit.

Het jy ‘n skriftipe gevind waarvan jy hou? Fantasties! Help ‘n vriend om hul Bybelleeservaring te transformeer: vertel hulle van die nuwe bygewerkte skriftipe funksie. Geniet ‘n meer persoonlike reis deur God se Woord.

Opdateer Jou Toep

Share this post:

Hoe om ‘n Vrygewige Hart te Ontwikkel

'n Vrou wat op 'n bank sit en na die sonsondergang kyk

Jy sal op elke manier verryk word, sodat jy altyd vrygewig kan wees. Deur ons bemiddeling het julle vrygewigheid tot gevolg dat God gedank word.

2 KORINTIËRS 9:11
(klem bygevoeg)

Gee — om aan iets hoër iets te bied, om ‘n geskenk aan te bied, om iets vir iemand anders te gee om te gebruik.

Wat is jou kosbaarste besitting? Dalk is dit die waardevolste ding wat jy besit, soos om die huis te kan bekostig waarvoor jy jou lewe lank gewerk het. Dit kan egter ook ‘n foto wees van ‘n besondere tyd wat jy saam met ‘n geliefde deurgebring het. Of dit kan ‘n betekenisvolle geskenk van ‘n vriend wees.

Die waarde wat ons aan ons “dinge” heg, is verstrengel met ons emosies. Hoe ons kies om die dinge wat ons die meeste koester te gebruik, onthul ons ware prioriteite.

Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.

MATTEUS 6:21

Daar is niks mee verkeerd om dinge te hê of om dit te geniet nie. Die probleem kom wanneer hierdie dinge vir óns het. God het die model van vrygewigheid geskoei op wat Hy vir ons opgeoffer het, naamlik Sy grootste skat. Wanneer ons soos Hy gee, en ons Hom met ons gawes eer, bring dit ons nader aan Hom.

“God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.

JOHANNES 3:16 (klem bygevoeg)

Hier is drie eenvoudige maniere waarop jy vrygewigheid kan begin beoefen:

Belê Jou Tyd

Is jy betrokke by dit wat in jou gemeenskap aangaan? In jou straat? Langsaan by jou bure? Jy kan oefen om byna oral ‘n beter luisteraar te wees: wanneer jy jou vuilgoeddrom uitsit, inkopies doen by ‘n kruidenierswinkel, in die gimnasium gaan oefen. Soek iets gemeenskapliks waaroor jy met mense kan praat, en ontmoet hulle waar hulle hul ook al in die lewe bevind, met vriendelikheid en respek.

Uitdaging: Wanneer jy weer iemand raakloop, vra hoe hul dag verloop. Luister dan. Stel regtig in hulle belang. Laat die oomblik oor hulle gaan, nie oor jou nie.

Belê Jou Godgegewe Gawes

Op watter gebiede het jy unieke gawes? Gebruik jy jou gawes en talente op so ‘n manier dat dit mense na God sal lei? Een van Jesus se bekendste gelykenisse handel oor die beste benutting van dit wat God ons gegee het.

Uitdaging: Soek ‘n plek waar jy kan begin om jou gawes in diens van ander te gebruik. Begin klein en plaaslik, of gaan groot. Begin net.

Belê Jou Geld

Die liggaam van gelowiges wat jy as ‘n tuiste beskou, is die eerste plek waar jy moet belê.

Buiten tiendes, is daar twee opsies wat biddend oorweeg kan word:

Bybelvertaling

Groen pyltjie

YouVersion

Groen pyltjie

Maar dit is net twee idees. God beweeg tans dwarsdeur die wêreld in die harte van Sy mense.

Uitdaging: Soek ‘n beweging van God waaroor jy passievol is, en plaas jou skat waar jou hart is: Gee.

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Elkeen moet gee soos hy in sy hart besluit het, nie onwillig of onder dwang nie, want God het ‘n blymoedige gewer lief.

2 KORINTIËRS 9:7

Share this post: