Vier Advent met hierdie leesplanne.

Kers

Advent is ‘n geleentheid om ons harte voor te berei vir die viering van Jesus se geboorte. Dit is ‘n tyd wat gekenmerk word met herinneringe aan alles wat God gedoen het en afwagting vir alles wat Hy gaan doen.

Dit maak nie saak wat jy gedurende hierdie tydperk voel nie, jy kan rus vind in die gawe van Immanuel, “God by ons.”

Dink na oor die hoop, vrede, liefde en vreugde van Jesus se geboorte met hierdie Advent-leesplanne.

Soek nog leesplanne

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Versteekte funksies waarvan ons hou

Iemand wat 'n foon vashou

Hoe meer jy weet …

Met YouVersion hoef dit nie intimiderend te wees om die Bybel deel van jou alledaagse lewe te maak nie.

Pas jou toep-ervaring aan met hierdie vyf eenvoudige wenke en kunsies.

  1. Vergelyk twee verskillende Bybelweergawes gelyktydig.

    Maak YouVersion oop en druk op die Bybel-oortjie. Draai dan jou foon dwars. Druk op die Vergelyk-ikoon-ikoon. Kies die twee weergawes wat jy langs mekaar wil lees.

  2. Kyk na jou Bybelleesgeskiedenis.

    Druk die Bybelboek-verwysing links bo in die Bybel-oortjie. Druk dan op die geskiedenisknoppie.

  3. Stel gebedsherinneringe op.

    Gaan na jou “Push”-kennisgewingsinstellings in YouVersion se Instellings, en druk onder Gebed op “Herinner my om te bid.”

  4. Luister na leesplanne.

    Teken in op ‘n leesplan. Maak dan ‘n leesplan-dag oop en tik op die Luidspreker-ikoon-ikoon regs bo op jou skerm.

  5. Verander jou lettergrootte of -styl.

    Maak die Bybel-oortjie oop en druk op die Lettertipe-ikoon-ikoon regs bo op jou skerm om jou leeservaring aan te pas.

Gereed om die beste uit jou YouVersion-ervaring te kry? Begin om hierdie versteekte funksies te verken.

Maak YouVersion oop

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Waar vind jy jou waarde?

Silhoeët van persoon met sonsondergang oor water in agtergrond

Of dit nou werk, verhoudinge of prestasie is, ons vind dikwels ons waarde in die dinge en mense om ons.

Wat gebeur egter wanneer daardie dinge ons in die steek laat?

Wanneer ons in Jesus glo, gee Hy ons ‘n nuwe identiteit.

Wie Hy sê ons is, verander nooit nie.

Ontdek met hierdie leesplanne wat die Skrif sê oor wie ons in Christus is.

Soek nog leesplanne

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Kom ons praat oor angs.

Persoon wat sit

Of dit nou finansiële probleme, ‘n gespanne verhouding of ‘n oorweldigende werklading is, angs vind ‘n manier om in ons lewens in te kruip.

Dit is nie iets om oor skaam te voel nie — maar jy is ook nie bedoel om daarin te bly sit nie.

God belowe om sy-aan-sy met ons te loop en ons laste te verlig. Laat Hom toe om jou deur hierdie leesplanne met sy vrede te vul.

Soek nog leesplanne

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Om in ‘n besige wêreld te rus

Persoon in 'n besige straat

“Daarom wil Ek julle uitnooi: Voel julle moeg vir hierdie lewe? Knak julle knieë onder al die probleme en verantwoordelikhede wat julle moet dra? Het julle godsdiens leeg geword sodat dit julle geestelike dors nie meer les nie? Kom dan na My toe! Ja, kom wy jou lewe aan My toe. By My sal jy weer die sin van die lewe ontdek.”

MATTEUS 11:28-29

So dikwels gaan dit dol in die wêreld. Ons word wakker met die geluid van dringende alarms en jaag van een aktiwiteit na die volgende.

Om ons besige roosters te onderbreek, kan ondenkbaar voel — ons is bekommerd dat ons sal agter raak. Die wêreld skree vir ons om vas te gordel, om skouer aan die wiel te sit en nog harder te werk.

Maar die Skrif moedig ons aan om stil te raak en ons eerder na God te wend.

Hoe kry ons tyd om te rus in ‘n wêreld wat teen so ‘n onvolhoubare pas beweeg?

Vind jou hoekom.

God het ons geskep vir doelgerigte werk. Daar is egter ‘n verskil tussen die doen van sinvolle werk en om daardie werk ons identiteit te laat word. Die oomblik wat ons die lyn oorsteek, word ons in ‘n bose kringloop vasgevang.

Om tyd aan rus af te staan, is die uiterste teenoorgestelde van wat die wêreld van ons vra.

Dit is egter iets wat God deurgaans as ‘n opdrag vir ons regdeur die Bybel gee om te doen.

Van die begin af was God vir ons ‘n rolmodel om te rus, en Hy het ons beveel om rus deel te maak van ons weeklikse ritme.

Miskien besef jy dat jy moet rus omdat jy agterkom iets in jou lewe word belangriker as God. Dalk is dit om jou geestesgesondheid te prioritiseer. Miskien is jy bloot net uitgeput.

Wat dit ook al is, kry ‘n duidelike visie hoekom rus vir jou belangrik is.

Plaas dit op jou kalender.

Tyd is een van ons waardevolste hulpbronne.

As ons nie vooraf rus skeduleer nie, is dit baie moontlik dat iets anders daardie hulpbron sal gebruik.

Een van die eenvoudigste maniere te rus, is deur dit te beplan. Probeer om dit op jou rooster aan te bring, en lig jou familie en vriende oor daardie tye in.

Of dit nou 20 minute of 24 uur is, rus skep vir jou die ruimte om die dinge wat God geskep het te waardeer en te ervaar.

Gee jouself iets om na uit te sien.

Wanneer jy ‘n tree terugneem en jou pas ‘n bietjie stadiger maak om nader aan God te kom, sal dit waarskynlik ongemaklik of verontrustend voel.

Dit beteken waarskynlik dat jy dit reg doen.

Wanneer ons rus, word die versoeking om in bedrywigheid te verval nog groter. Ware rus kom egter nie altyd op niksdoen neer nie.

Wanneer jy in jou rooster tyd sit om te rus, beplan om dan iets te doen wat vir jou vreugde of vrede bring.

Dit kan wees om tyd af te staan om God se skepping te waardeer of om met ‘n stokperdjie te begin waarvoor God jou passievol gemaak het.

Moenie dit alleen doen nie.

God het ons geskep vir gemeenskap. Ons is geskape om in verhoudinge te wees. Daardie verhoudinge kan een van die tasbaarste maniere wees waarop ons God se teenwoordigheid ervaar.

Om ‘n ritme van rus te kry, is nie iets wat jy alleen hoef te doen nie. Dink aan maniere waarop jy saam met jou gesin of vriende kan rus.

Om saam te rus, sal jou help om verantwoordbaar te bly wanneer die wêreld jou by werk en aktiwiteite probeer intrek.

Wees onverbiddelik.

Om rus te beoefen is ‘n geestelike dissipline. Net soos enige dissipline, verg rus vasberadenheid en selfbeheersing.

Wanneer ons kies om nie op ons eie inspanning staat te maak nie en Jesus te laat oorneem, gee ons dinge waaroor ons skaam is, ons strewe en verwagtinge oor. In ruil daarvoor ervaar ons God se volmaakte vrede.

Rus help ons om God se teenwoordigheid te geniet en ons prioriteite te herrangskik.

Rus laat ons toe om te vertrou dat God werk, selfs wanneer ons nie werk nie.

Rus is hoe ons ons Verlosser genoeg vertrou om “genoeg” te sê.

Wil jy nou ‘n oomblik in God se teenwoordigheid stil raak?

Maak die Begeleide Gebed oop

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos