Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is

Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is

3  
“Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.

4  
Geseënd is dié wat treur, want hulle sal vertroos word.

5  
Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde ontvang.

6  
Geseënd is dié wat honger en dors na wat reg is, want hulle sal versadig word.

7  
Geseënd is dié wat barmhartig is, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word.

8  
Geseënd is dié wat rein van hart is, want hulle sal God sien.

9  
Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.

10  
Geseënd is dié wat vervolg word omdat hulle doen wat reg is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.

11  
“Geseënd is julle wanneer die mense julle ter wille van My beledig en vervolg en valslik al wat sleg is van julle sê.

12  
Wees bly en verheug, want julle loon is groot in die hemel. Hulle het immers die profete voor julle net so vervolg.”

Matthew 5 in Afrikaans

Matthew 5 in English

CategoriesUncategorized