Vra, soek, klop, en vir julle sal oopgemaak word

Vra, soek, klop, en vir julle sal oopgemaak word

7  
“Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal kry; klop, en vir julle sal oopgemaak word

8  
want elkeen wat vra, ontvang; en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word.

9  
“Watter mens onder julle sal vir sy seun ‘n klip gee as hy brood vra

10  
of ‘n slang as hy vis vra?

11  
As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemel is, goeie gawes gee aan dié wat dit van Hom vra?

12  
“Alles wat julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle doen. Dit is tog waarop dit neerkom in die wet en die profete.”

Matthew 7 in Afrikaans

Matthew 7 in English

CategoriesUncategorized