Sê nou die Bybel was nie in jou taal beskikbaar nie?

Die Bybel vir Almal

BYBEL
VIR
ALMAL

Dit klink dalk voor die hand liggend …

Jy kan vandag die Skrif ervaar omdat iemand dit in jou taal vertaal het.

Daar is egter tans mense regoor die wêreld wat nog steeds wag vir ‘n Bybel in hul eie taal.

Byna ‘n miljard mense kan met hul gesinne, vriende en bure praat … maar hulle het dit nog nooit ervaar dat God met hulle deur sy Woord in hul hartstaal praat nie.

Jy kan dit verander.

Wanneer jy ‘n donasie vir Bybelvertaling gee, gaan dit na ons wêreldwye Bybelvennote wat alreeds daaraan werk om die Skrif te vertaal.

Befonds Bybelvertaling

Byna onmiddellik nadat ‘n nuwe weergawe klaar vertaal is, kan ons dit aan die hele YouVersion-gemeenskap beskikbaar stel.

Ons visie
vir 2033

95% van die wêreldbevolking sal ‘n volledige Bybel hê

99,9% sal ten minste die Nuwe Testament hê

100% sal ten minste ‘n gedeelte van die Skrif hê

Die visie is om seker te maak dat almal teen 2033 tot ten minste ‘n gedeelte van die Skrif toegang het.

Sal jy by ons aansluit?

Gee nou ‘n donasie

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos


Alle bydraes wat deur die Bybel vir Almal-veldtogte ontvang word, sal uitsluitlik vir die vertaling van die Bybel gebruik word en oor verskillende vertaalprojekte van hoë impak versprei word. Namate elke projek voltooi word, sal enige oorblywende fondse dan aangewend word vir die volgende vertaalprojek wat deur YouVersion en sy vennote gekies word.

Share this post:

Dis nog nie te laat nie!

Halfjaarlikse Uitdaging

Vandag is ‘n treetjie nader.

God wil hê ons moet elke dag nader aan Hom groei.

Dis hoekom ons die Halfjaarlikse Uitdaging doen: om jou te help om ‘n gewoonte te vestig om daagliks tyd vir God te maak.

Dis nog nie te laat om by die 2022 Halfjaarlikse Uitdaging aan te sluit nie! Voltooi minstens een leesplandag vir sewe agtereenvolgende dae in Julie om ‘n Kenteken te verwerf.

Kenteken van die Halfjaarlikse Uitdaging

Kies ‘n leesplan en begin nou dadelik:

Kyk na nog leesplanne

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Share this post:

Wil jy ‘n nuwe Kenteken verwerf? 🥇

Halfjaarlikse Uitdaging

Dit is tyd! Die Halfjaarlikse Uitdaging is hier.

Of jy die afgelope jaar suksesvol was om ‘n gewoonte van Bybellees te bou en of jy voor moet begin, die Halfjaarlikse Uitdaging sal jou help om die momentum waarna jy soek te ontwikkel.

Aanvaar die Uitdaging

Voltooi ten minste een leesplandag vir sewe agtereenvolgende dae, in Juliemaand, en verwerf so die Kenteken van die 2022 se Halfjaarlikse Uitdaging

Halfjaarlikse Uitdaging

Kenteken van die Halfjaarlikse Uitdaging

Maak seker dat jy geen dae mis nie deur daaglikse aanmanings in jou leesplan-instellings op te stel!

Is jy gereed om te begin? Kies nou ‘n leesplan:

Kyk na nog leesplanne

Moenie vergeet om ‘n paar goeie vriende te nooi om by jou aan te sluit, deur die Halfjaarlikse Uitdaging te deel nie.

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Share this post:

Wanneer teleurstelling toeslaan

Iemand wat oor die water uitkyk

“Dit was nie veronderstel om so te wees nie.”

Ons verstaan nie altyd die wil van God nie. Om eerlik te wees, daar is soms tye wanneer ons ook nie van sy wil hou nie.

Wanneer hartseer ons lewe binnekom.

Wanneer ons nie seker is of ons dinge kan hanteer nie.

Wanneer ons dink aan wat kon gewees het.

Dit is moeilik om met ons diepste pyn te worstel. As die Bybel egter nie verhale oor lyding wegsteek nie, moet ons ook nie.

Wat jy ook al op die oomblik in die gesig staar — dit is nie die einde van jou verhaal nie. God is met jou, en sal altyd wees.

Ontdek hoe om onvervulde verwagtinge en pynlike situasies met hierdie leesplanne te verwerk.

Kyk na nog leesplanne

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Share this post:

Bemoedig ‘n pa vandag met hierdie versbeeld

Pa wat baba vashou

Daar is baie verhale in die Bybel van vaders en vaderfigure wat God op verskillende maniere gebruik het.

Pa’s soos Jesus se aardse pa, Josef, wat sy gesin getrou gelei en beskerm het.

Of Jetro, Moses se skoonpa, wat wysheid en raad oor leierskap aan Moses gegee het.

Ook Paulus wat ‘n geestelike mentor vir Timoteus was.

Net soos die mans in die Bybel, inspireer die pa’s in ons lewens ons op verskillende maniere.

Miskien het hulle jou beskerm soos Josef of tydige leiding gegee soos Jetro of jou aangemoedig soos Paulus.

Of hy jou eie pa of ‘n vaderfiguur is, sê vir ‘n pa hoe dankbaar jy is vir wie hy is en wat hy vir jou beteken deur hierdie versbeeld met hom te deel.

Versbeeld: "Soos 'n vader hom ontferm oor sy kinders, so ontferm die Here Hom oor dié wat Hom dien" — Psalm 103:13.

Deel hierdie versbeeld

Share this post: