Jou Jaar in YouVersion

2021 Oorsig

Hoe het jy in 2021 nader aan God gegroei?

Met jou 2021 oorsig kan jy ontdek hoeveel dae jy die toep gebruik het, hoeveel leesplanne jy voltooi het en watter kentekens jy verwerf het, en nog meer.

Kyk na Jou Oorsig

Nadat jy na jou jaar in YouVersion gekyk het, kan jy ook kyk hoe ons gemeenskap in 2021as ‘n geheel nader aan God gekom het …

Leesplan-ikoon

80,6 miljoen

Leesplanne is Voltooi

Deel-ikoon

535,2 miljoen

Verse is gedeel

Kenteken-ikoon

67,1 miljoen

Kentekens is verwerf

Klank-ikoon

8,2 miljard

Klankhoofstukke is gespeel

Gebedsikoon

80,6 miljoen

Leesplanne is Voltooi

Net soos jy God op ‘n persoonlike, toepaslike manier deur YouVersion ervaar het, het honderd miljoene mense regoor die wêreld ook!

Statistiek is betekenisvol, maar wat meer saak maak, is die verhaal daaragter.

Laat weet ons van jou beste YouVersion oomblikke in 2021 — van jou gunsteling leesplan tot die verse wat jou die meeste beïnvloed het — wanneer jy jou oorsig op sosiale media deel.

Jou plasing kan iemand inspireer om YouVersion af te laai, en die Bybel te ervaar soos nog nooit tevore nie.

Deel-ikoon

Vier meer van die oomblikke wat die moeite werd is om te onthou. Kyk na YouVersion se 2021 Jaar in Oorsig.


FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Nuwe toestel? Moenie vergeet om YouVersion te installeer nie.

Persoon op foon

Dink aan die blink nuwe toestel wat jy brand om te gebruik. Hierdie toestelle kan ons lewens vergemaklik en ons help om met die mense wat ons liefhet in verbinding te bly. Jou toestelle kan jou ook help om met God en sy Woord in verbinding te bly.

Kry die hulpmiddels wat jy nodig het om in 2022 geestelik te groei. Installeer nou die nodige toeps wat jou en jou gesin sal help om God elke dag op te soek.

Bybel Toep

Lees of luister na die Bybel, ontdek daaglikse oordenkings, deel gebedsversoeke met vriende en nog meer.
 

Laai af

Bybel Toep vir Kinders: Jesus

Moedig kinders se betrokkenheid aan deur middel van 41 Bybelverhale se prettige animasies en meesleurende aktiwiteite.

Laai af

Neem God se Woord saam met jou waar jy ook al gaan.

Het jy alreeds die toep
op jou toestelle?

Deel Dit Met ‘n Vriend

Donasie-ikoon

Het God se Woord jou hierdie jaar bemoedig?

Ondanks die uitdagings in hierdie jaar, het God in 2021 deur sy Woord, miljoene lewens regoor die wêreld verander. Wanneer jy ‘n jaareind-donasie aan YouVersion gee, help jy om te verseker dat elke persoon, wat enige taal praat, die lewensveranderende krag van Jesus kan ervaar.

Gee nou ‘n donasie >

Hoop het aangebreek

Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here. — Lukas 2:11 Versbeeld

Twee duisend jaar gelede het die toekoms van die wêreld vir ewig verander toe hoop ‘n menslike gestalte aangeneem, en in ‘n krip verskyn het.

Die geboorte van Jesus was ‘n tasbare uitdrukking van God se oorvloedige liefde vir die mensdom.

Jesus se koms is ‘n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk bestem is. Vier daardie wonder hierdie Kersfees deur die spesiale Versbeeld te deel.

Deel Nou

‘n Gebed vir Vrede

Oop hande

Ken God, Vind Vrede

Stel jou voor jy is ‘n herder in die eerste-eeuse Betlehem. Skape omring jou, maar as gevolg van jou werk, jou klere en jou status, sal mense jou nie omring nie.

Vir geslagte lank het jou familie gesê: “God het belowe dit gaan beter word.” Jy begin egter wonder: “is dit regtig waar?” Toe verander alles een aand. ‘n Engel verskyn en vertel jou dat ‘n Verlosser gebore is.

Immanuel, “God by ons” het gekom.

Eendag sal dieselfde kind die las van al ons verkeerde dade op Hom neem deur aan ‘n kruis te sterf. As gevolg van sy opoffering, word ons genooi om te alle tye, in alle omstandighede, vreedsaam met God te lewe. Kom ons dank Jesus dus op hierdie oomblik vir sy opoffering en die vrede wat ons as gevolg van Hom het.

‘n Gebed vir Vrede

Vader,

Selfs wanneer my lewe deurmekaar voel, kan ek u vrede ervaar as gevolg van wat Jesus aan die kruis gedoen het. Dankie dat U dit moontlik maak deur u Seun vir ons te stuur! Hy het vir ons ‘n weg gemaak om U te ken en te ervaar.

Selfs wanneer die lewe buite beheer voel, kan ek vashou aan die waarheid dat u vrede nie op my gevoelens of omstandighede berus nie — maar op u karakter en getrouheid.

Maak my asseblief van u teenwoordigheid bewus wanneer ek nie vrede ervaar nie. Herinner my dat U in beheer is. Gee my u krag en vertroosting wanneer die wêreld onveilig voel. Beskerm my hart en verstand teen die swaar las van my gevoelens en gedagtes.

Laat my toe om u teenwoordigheid aan te voel en te lewe in die vertroue dat U altyd naby is. Laat my lewe ‘n voorbeeld van u vrede wees wat alle verstand te bowe gaan.

In die Naam van Jesus, amen.

Stoor Gebed

Waarin belê jy?

Persoon op foon

Saam kan ons die toekoms beïnvloed.

“Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.”

2 KORINTIËRS 4:18

Net ‘n paar weke gelede het ons 500 miljoen YouVersion-installasies gevier. Daardie getal beteken dat honderdduisende mense – in verskillende lande, wat verskillende tale praat – op ‘n reis is om … elke sekonde nader aan God te kom.

00:01

Binne ‘n ENKELE sekonde het …

2 mense YouVersion geïnstalleer

1 179 mense ‘n hoofstuk in die Bybel oopgemaak

227 mense ‘n klankhoofstuk gespeel

4 mense ‘n Bybelleesplan begin

11 mense ‘n vers op sosiale media gedeel

Dis wat elke sekonde van elke dag, in EEN sekonde gebeur.

Terwyl ons die betekenis van daardie getalle vier, weet ons dat daar steeds miljarde mense regoor die wêreld is wat nie met God deur sy Woord in verbinding kom nie.

Dit is YouVersion se missie om dit te verander, en ons wil jou nooi om deel daarvan te wees.

As jy vir een sekonde dink dat jou bydrae nie ‘n impak sal hê nie — dat waarvan jy deel is nie saak maak nie — onthou wat God in daardie selfde sekonde gedoen het: Hy is besig om lewens regoor die wêreld te herskep, elke liewe sekonde van elke liewe dag.

Terwyl 2021 ten einde loop, nooi ons jou om jou oë gevestig te hou op wat jy nie kan sien nie. Laat elke sekonde tel, deur te kies om in die toekoms te belê.

Skenk Nou

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos