Hoe Kan Ek “Lewe Spreek” Oor My Gesin?

'n Gesin wat saam op 'n bed sit

Woorde maak dood, woorde gee lewe; hulle is óf gif óf vrugte – jy kan kies.

SPREUKE 18:21

Het iemand al ooit iets vir jou gesê wat jou seer gemaak het? Is dit nie verbasend hoe jy nog steeds vandag die steek van daardie woorde kan voel nie? Wat van mooi woorde? Het iemand al ooit iets bemoedigends vir jou gesê – dalk ‘n vriend of onderwyser – wat jou nog steeds laat glimlag as jy nou daaraan dink? Hoe wil jy hê moet die mense vir wie jy lief is, jou woorde onthou?

Jy het mag om lewe te spreek.

Wat moet jy egter sê? Hier is ‘n paar dinge wat jy kan probeer:


Bid Die Vers-van-die-dag Oor Jou Geliefdes.

Is jy onseker oor wat om te bid? Teken in vir Vers-van-die-dag. Elke dag wanneer jy dit kry, bid deur die vers en voeg die naam van die persoon vir wie jy bid daar in. Byvoorbeeld:

En wat julle ook al sê of doen, sê en doen dit alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.

KOLOSSENSE 3:17

Bid:

Hemelse Vader, wat _____ ook al sê of doen, raak asseblief _____ se hart aan dat _____ dit in die naam van die Here Jesus kan doen en vir U dankie sê daarvoor. Amen.

En hierdie vers:

“… want elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.”

ROMEINE 10:13

Jy kan dalk sò bid:

Hemelse Vader, help _____ om U naam aan te roep en gered te word.

Kry die Vers-van-die-dag


Kies Saam ‘n Vers Oor Die Gesin.

As jy ‘n vriend sou vra: “Wat is die een woord wat my gesin verwoord, wat sou hulle sê?” Liefde? Vreugde? Vrede? Geduld? Praat met jou gesin daaroor en besluit watter karaktertrekke julle gesin bekend voor wil wees. Gaan dan na die Bybel Toep en soek die woord in een van die kategorieë by “Wat sê die Bybel oor…” (Of tik net die karaktertrek in die Soekblokkie.)

Vind saam ‘n vers oor die gesin wat die waardes reflekteer wat julle wil uitleef. Gebruik ‘n gesinsfoto as agtergrond en maak dit ‘n Gesinsversbeeld. Stoor dit op jou toestel as ‘n agtergrond. Of druk dit uit, raam dit en plaas dit op ‘n ooglopende plek in jou huis. Deur jou gesinsversbeeld uit te stal, sal elkeen in jou gesin dit makliker kan memoriseer – en onthou waaroor julle wil hê jul gesin regtig moet gaan.

Julle kan nie die omstandighede beheer waardeur julle gesin sal gaan nie. Julle kan egter besluit hoe julle daarop gaan reageer. En wanneer julle kies…

Kies om Lewe te Spreek.

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Laai Die YouVersion Bybeltoep

Share this post:

Hoe kan ek my gesin geestelik lei?

Bybelweek vir Gesinne 2019 Embleem

Dis moeilik vir gesinne om elke dag tyd in te ruim vir God se woord, te midde van werk, huishoudelike verantwoordelikhede en sosiale afsprake.

Dis hoekom ons Bybelweek vir Gesinne geskep het: om jou die gereedskap te gee wat jy nodig het om jou gesin nader aan Jesus te bring. Ons het vir hierdie week Leesplanne bymekaar gemaak wat jou gesin sal help om tyd in God se Woord te spandeer en jou nader aan mekaar te bring. Help jou gesin om geestelik te groei deur een van die Bybelweek Leesplanne vir Gesinne saam te lees of daarna te luister.

Hierdie woorde van die Here moet julle lewe vul… Leer dit vir jou kinders deur met hulle daaroor te praat as jy in jou huis is en as jy op pad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan.

DEUTERONOMIUM 11:18-19

Leesplanne vir Gesinne

Share this post:

Vir ‘n ma wat jou inspireer…

Versbeeld vir 1 Tessalonisense 13:4

Dank God vir ma’s.

Hulle is die vroue wat jou goeie raad gee en is altyd daar vir jou. Die vroue wat jy ken, wat goed sorg vir hul gesinne. Die vroue wat jou inspireer om mense beter lief te hê. Miskien is dit jou ma, ‘n vriendin, ‘n buurvrou of selfs die kelnerin by jou plaaslike koffiewinkel.

Soms is ‘n eenvoudige “dankie” al wat nodig is om ‘n ma te laat weet dat sy geliefd is. Wys al die spesiale ma’s in jou lewe hoeveel hulle vir jou bedoel, deur hulle te bedank met ‘n Versbeeld.

Deel die Versbeeld

Share this post:

‘n Knap vrou is baie werd

'n Knap vrou is baie werd

10  
‘n Knap vrou is baie werd, baie meer as edelstene.

11  
Haar man steun op haar en pluk die vrugte van haar werk.

12  
Sy bring vir hom net voordeel, nie nadeel nie, haar hele lewe lank.

13  
Sy maak wol en vlas bymekaar en geniet dit om dit te verwerk.

14  
Sy is soos die handelskepe, sy bring die kos van ver af in.

15  
Sy staan op as dit nog nag is en maak kos vir haar huisgesin; ook haar slavinne kry hulle deel.

16  
Sy oorweeg die waarde van ‘n stuk grond en koop dit, sy sit dit onder wingerd met geld wat sy self verdien het.

17  
Sy pak die werk aan met krag, haar hande staan vir niks verkeerd nie.

18  
Sy stel vas of die wins goed is, haar lamp bly heelnag brand.

19  
Sy werk met die spinwiel, haar hande bly besig met die weefstoel.

20  
Sy het ‘n oop hand vir die armes, sy is vrygewig teenoor die behoeftiges.

21  
Sy is gerus oor haar huisgesin as dit sneeu: hulle dra almal warm klere.

22  
Sy maak self vir haar dekens en sy dra klere van linne en wol.

23  
Haar man is welbekend by die stadspoort waar hy saam met die leiers beraadslaag.

24  
Sy maak klere en verkoop dit, sy lewer gordels aan die handelaars.

25  
Alles aan haar spreek van ‘n sterk en edel persoonlikheid; sy ken geen kommer oor die toekoms nie.

26  
As sy praat, is dit met wysheid; as sy leiding gee, is dit met liefde.

27  
Sy hou goeie toesig oor haar huishouding; lui is sy nie.

28  
Haar kinders prys haar, haar man bewonder haar

29  
“Daar is baie knap vrouens, maar jy oortref hulle almal!”

30  
Uiterlike skoonheid hou nie, ‘n mooi voorkoms is nie alles nie; as sy die Here dien, dán verdien ‘n vrou om geprys te word.

31  
Gee haar wat haar toekom vir alles wat sy doen; laat haar werk haar roem wees in die stadspoorte.

Proverbs 31 in Afrikaans

Proverbs 31 in English

Share this post:

Wat presies is gebed?

Versbeeld vir 1 Tessalonisense 5:17

Was jy al ooit bekommerd daaroor om op die “regte” manier te bid, of selfs gewonder of gebed saak maak? Sal God regtig luister wanneer jy Hom iets vra? Wat as mense my oordeel?

Dis goeie vrae om oor na te dink, maar…

Moenie toelaat dat jou vrae jou daarvan weerhou om met vertroue intimiteit met God na te streef nie. Ons het drie praktiese gedeeltes saamgestel, met ‘n aantal wenke en idees, om jou te help ontdek hoe om gebed deel te maak van jou lewe. Klik net op enigeen:


Bid
'n Man wat in 'n stad bid
'n Vrou wat glimlag
Share this post: