Ek het nou net die Vers-van-die-Dag gekry. Wat doen ek nou?

'n Persoon wat die Vers-van-die-Dag op sy foon gebruik

God het lewe in die hele Skrif geblaas. Dit is nutting om ons te leer wat waar is. Dit is nuttig om ons foute reg te stel. Dit is nuttig om ons lewens weer heel te maak. Dit is nuttig om ons te lei om die regte dinge te doen.

2 TIMOTEUS 3:16

Baie van ons by YouVersion benader ons daaglikse oordenkingstyd in die Bybel, met drie maklike stappe:

1. Ontvang.

Berei jou gedagtes voor om te verstaan wat God vir jou wil hê en maak jou hart oop om Sy voorskrifte te verwelkom. Probeer iets soortgelyks bid:

Vader, dankie vir U Woord. Help my asseblief om te hoor wat U Gees vir my wil sê. Wys my asseblief waar ek dit in my lewe kan toepas. Dankie, Here. Amen.

2. Besin.

Moenie net oor die skrifgedeelte vluglees nie. Lees dit aandagtig. Het jy hulp nodig om dit te verstaan? Druk net op die vers om dit in die Bybel Toep oop te maak. Daar sal jy:

Die vers in verskillende Bybelweergawes kan vergelyk.

Lees dit in die konteks van die hele hoofstuk.

Luister daarna in klank.

Deel dit selfs met ander en vind uit wat hulle dink.

3. Reageer.

As jy eers regtig na God se Woord geluister het, laat dit dan met jou praat. Dink na oor wat dit in jou lewe beteken. Wat behoort jy anders te doen? Is daar iets waarmee jy moet ophou? Dalk is daar iets waarmee jy kan begin. Dit is waar lewensveranderinge plaasvind.

Wees gehoorsaam aan God se boodskap! Moenie jouself om die bos lei en net daarna luister nie. As jy die boodskap hoor en dit nie gehoorsaam nie, is jy soos mense wat na hulleself in die spieël kyk en vergeet wat hulle gesien het as hulle wegdraai.

JAKOBUS 1:22-24


4. Bonus! Begin met ‘n Leesplan.

Die Vers-van-die-Dag is ‘n wonderlike manier om God se Woord deel van jou lewe te maak. Oorweeg ‘n Bybel Leesplan vir jou volgende stap.

Leesplanne bied hanteerbare Skrifgedeeltes wat jy elke dag kan lees, en sluit ‘n oordenking gedeelte in wat jou help om te besin oor wat dit in jou alledaagse lewe beteken. Ons het Leesplanne vir bykans elke seison van die lewe, oor bykans elke onderwerp waarin jy mag belangstel.

Ontdek Leesplanne

Jou beste jy ooit begin nou.

2019

2018 is verby. Ons kry nou ‘n nuwe begin. Wil jy jou lewe in 2019 herskep? Jy kan. Al wat dit verg is een klein gewoonte. Begin net om hierdie een klein ding, een keer per dag, aanhoudend te doen:

Lees elke dag die inhoud van een Leesplan. Dan, so af en toe deur die dag, dink na oor wat daardie dag se leesstuk in jou lewe beteken. Dit neem slegs minute. Maar met die verloop van tyd sal daardie minute tot groot verandering lei.

Begin dadelik met een van hierdie Leesplanne.

Die Wapenrusting Van God
Jy Kán Verander Deur Gerdi van den Berg
Kom Ons Lees Saam die Bybel (Januarie)
Een Woord Wat Jou Lewe Sal Verander
60 Om te begin
21-Dae Vas

Kyk Na Meer Leesplanne

Ek is ernstig. Begin nou.


Streaks

Plaas God se Woord eerste.

Streaks help jou om ‘n gewoonte te skep deur jou te wys hoeveel dae in ‘n ry jy die Bybel Toep gebruik. En as dit lyk of jy dalk ‘n dag gaan mis, kan die Bybel Toep vir jou ‘n herinnering stuur. Streaks beloon jou selfs met spesiale mini-vieringe wanneer jy nuwe mylpale bereik.

“Ek hou baie van Streaks! My doel is om elke dag die Bybel te lees… Dit het ‘n impak op elke aspek van my lewe: hoe ek as ouer optree, hoe ek my besigheid bedryf en hoe ek my kerk bedien! Alles verander wanneer Hy my eerste prioriteit is!”

BIBI S.

Soek vir Streaks op jou Tuisblad, en begin met jou daaglikse Bybellees gewoonte hierdie jaar!

Het jy ‘n nuwe toestel? Kry jou YouVersion toepassings daarop.

Verskillende toestelle

Vir AL jou toestelle…

Lees jy dit op ‘n nuwe toestel wat jy pas vir Kersfees gekry het? Druk hier onder om die toepassings te installeer wat jou sal help om dit op die beste manier te gebruik: Die Bybel Toep en Die Bybel App vir Kinders! Begin ‘n gesprek met jou vriende of familie, oor geloof: Vra of hulle wil hê dat jy ‘n YouVersion toepassing vir hulle moet installeer!

die Bybel Toep kenteken Die Bybel Toep bied meer as 1800 Bybelweergawes in meer as 1200 tale, asook inhoud en hulpmiddels wat ontwerp is om jou te help om daagliks die Bybel te verken.
Bybel Toep vir Kinders Jesus logo Die Bybel App vir Kinders help kinders om 41 Bybelstories deur middel van prettige animasie en aktiwiteite te lees. Dis nou in 42 tale beskikbaar!


Hart ikoon

Oorweeg jy ‘n geskenk vir die einde van die jaar?

Jy kan mense help om elke dag, oral ter wêreld, met God se Woord in aanraking te laat kom. Kom ons word vennote in hierdie beweging van God.

Skenk

Kom ons vier Jesus, die geskenk!

Versbeeld - Jesaja 9:6

God is met ons!

Van ons almal by YouVersion, wens ons jou vreugde en vrede op hierdie Kersfeesdag. En terwyl jy die Here en Verlosser wat aan ons geskenk is vier, hoop ons dat jy baie geleenthede sal gebruik om Sy liefde te deel.

… as iemand oor jou hoop as ‘n gelowige vra, wees altyd gereed om dit te verduidelik. Maar doen dit op ‘n sagte en respekvolle manier.

1 PETRUS 3:15-16

Die Bybel noem Jesus, “Immanuel: God met ons.” Watter goeie nuus! Deel dit deur op die prent hier bo te druk, of skep jou eie Versbeeld in die Die Bybel Toep. En mag jy ‘n baie gelukkige Kersfees hê!

Deel

Kersfees is amper hier. ⭐️ Kom ons vier dit!

Die Bybel Toep op jou foon, met Kersfeesliggies in die agtergrond

Vir weke het ons nou al ons harte voorberei in hoopvolle verwagting, en nou is Kersfees oor een week. Vier saam met ons terwyl ons besin oor God se perfekte geskenk aan ons: Sy enigste seun, Jesus. Wanneer jy hierdie vakansietyd saam met vriende en familie kuier, weet ons dat jy dit sal geniet om God se Woord te lees. Lees hierdie herinneringe van die hoop en vreugde wat ons in Christus het.


Die Kersfees Storie

Die Kersfees Storie
YouVersion, 5 Dae

Lees of luister na die volledige Bybelse weergawe van Christus se geboorte, van profesieë oor die Verlosser wat sou kom, tot sy nederige begin in ‘n stal, en al die pad tot by Immanuel: God wat by ons is.

Begin hierdie Plan

Stoor vir later


'n Kind wat die Bybel App vir Kinders speel

Bybel App vir Kinders:
Die eerste Kersgeskenk

Vier Jesus se koms met pret, raak-sensitiewe animasies en kleurvolle kunswerke. Die kinders in jou lewe sal daarvan hou om al 41 stories in die Bybel App vir Kinders te verken. Jy sal daarvan hou hoe die Geskommelde Storie, Storie Pasmaats en Storie Plakkers aktiwiteite hulle help om die dinge wat hulle leer, te onthou. YouVersion het die Bybel App vir Kinders ontwikkel in samewerking met OneHope, om kinders ‘n Bybelervaring van hul eie te gee. Dis alreeds geïnstalleer op meer as 26 miljoen toestelle wêreldwyd. Die Bybel App vir Kinders is beskikbaar in 42 tale – en dit is altyd heeltemal gratis.

Kry dit Nou

Gee leiding aan ‘n jongmens oor hoe hy moet leef, en hy sal ook as hy al oud is nie daarvan afwyk nie.

Spreuke 22:6