Binnekort Beskikbaar op ‘n Bybel Toep Naby Jou…

2019 Half-Jaarlikse Uitdaging

Hoe kom ‘n mens nader aan iemand? Jy spandeer tyd saam. Jy praat met mekaar. Jy leer ken mekaar. Dis ook hoe ons nader aan God kan kom: deur tyd in Sy Woord te spandeer, om na Hom te luister en met Hom te praat in gebed. Dalk doen jy dit alreeds, of dalk probeer jy om meer aandag te gee aan hierdie deel van jou lewe.

Het jy geweet dat mense op hierdie tydstip van die jaar begin om daagliks minder tyd saam met God te spandeer?

Dis hoekom ons die Half-Jaarlikse Uitdaging doen.

Beweeg nader aan God en lees gereeld jou Bybel, terwyl jy Leesplanne voltooi waarvan jy baie hou.

Vind Leesplanne


Hoe om te Begin:

Tussen 8 Julie en 24 Julie, wanneer jy ‘n Bybel Leesplan se dagstukke vir sewe agtereenvolgende dae voltooi het, sal jy ‘n splinternuwe 2019 Half-Jaarlikse Uitdaging Kenteken verdien!

Kies ‘n Leesplan van enige lengte of gaan aan met een waarmee jy besig is. As jou Leesplan voor sewe dae klaar is, begin net weer ‘n ander een daarna. Voltooi net een Leesplandag, elke dag, vir sewe dae agtermekaar! (Maak seker dat jy elke dag as “voltooid” merk.)

Voltooide Leesplandag

As jy 7 dae na mekaar voltooi het, sal jy ‘n 2019 Half-Jaarlikse Uitdaging Kenteken vir jou Bybel Toep profiel verdien:

2019 Half-Jaarlikse Uitdaging Kenteken


Begin:

Die Half-Jaarlikse Uitdaging begin oor ‘n paar dae, dus stel ons voor dat jy nou alreeds uitkyk vir Leesplanne.

Wanneer jy ‘n Leesplan vind wat jy dink jy sal geniet, druk op “Stoor vir Later.” Of, nog beter…

Klik op Begin, kies Met Vriende, stel die begindatum vir 8 Julie, en nooi vriende uit om by jou aan te sluit!

Voorgestelde Leesplanne

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Share this post:

Vir die pa’s wat jou inspireer…

Versbeeld vir Psalms 103:13

Dank God vir Vaders.

Dink na oor die vaderfigure wat ‘n positiewe impak in jou lewe gemaak het. Dalk het hulle hul wysheid gedeel, jou bemoedig, jou beskerm, was daar toe jy hulle nodig gehad het, of het gepaste leiding gebied.

Wys vir daardie mans dat hulle saak maak deur ‘n bemoedigende woord uit die Skrif met hulle te deel: soos bv. ‘n versbeeld uit jou Bybel Toep. Dit neem net ‘n oomblik om ‘n pa te laat weet dat jy omgee.

Deel die Versbeeld


Pa en kind

Vir Pa’s

Ons het ‘n lys van Leesplanne saamgestel wat jou sal help om die mense vir wie jy die meeste omgee, met goddelike insig te lei. Enige een van hierdie Leesplanne sal jou help om meer van God se Vaderhart te ontdek en op ‘n spesiale manier met jou gesin om te gaan.

Radikale Wysheid: 'n 7-Dag Reis vir Vaders
Man van God
'n Sorgvrye Lewe
Word Die Pa Wat God Wil Hê Jy Moet Wees
Share this post:

Julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom

Julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom

2  
My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom

3  
want, soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard.

4  
En die volharding moet end-uit volgehou word sodat julle tot volle geestelike rypheid kan kom, sonder enige tekortkoming.

5  
As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt.

6  
Maar ‘n mens moet gelowig bid en nie twyfel nie, want iemand wat twyfel, is soos ‘n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word.

8  
So ‘n mens wat altyd aan die twyfel is en onbestendig is in al sy doen en late, moet nie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie.

8  
So ‘n mens wat altyd aan die twyfel is en onbestendig is in al sy doen en late, moet nie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie.

9  
‘n Gelowige wat arm is, moet hom daarin verheug dat hy sy aansien in God het

10  
en een wat ryk is, dat hy voor God gering is, want die ryke sal vergaan soos ‘n veldblom.

11  
As die son met sy gloeiende hitte opkom, verskroei dit die plantegroei, die blomme val af en die prag is daarmee heen. So sal die ryke ook tussen al sy bedrywighede deur vergaan.

12  
Gelukkig is die mens wat in versoeking standvastig bly. As hy die toets deurstaan het, sal hy as oorwinningsprys die lewe ontvang wat die Here belowe het aan dié wat Hom liefhet.

James 1 in Afrikaans

James 1 in English

Share this post:

Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom

Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom

1  
Moet jou nie ontstel oor skelms en jou kwel oor skurke nie

2  
want soos gras vergaan hulle gou en soos groenigheid verdwyn hulle sommer.

3  
Vertrou liewer op die Here en doen wat goed is, woon en werk rustig voort.

4  
Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer.

5  
Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg.

6  
Hy sal jou onskuld laat deurbreek soos die son, jou reg soos die helder lig van die middag.

7  
Daarom moet jy in stilte op die Here vertrou en jou nie ontstel oor die voorspoedige lewe van ‘n skelm nie.

8  
Moenie kwaad word nie, laat staan die woede, moet jou nie ontstel nie: dit bring net ellende.

9  
Die skelms sal uitgeroei word, maar dié wat hulle vertroue in die Here stel, sal in besit bly van die land.

10  
Nog ‘n rukkie en daar sal geen goddelose meer wees nie; ‘n mens sal hom soek waar hy was, maar hy sal nie daar wees nie.

11  
Dié wat nou verdruk word, sal die land besit en hulle verlustig in hulle welvaart.

Psalm 37 in Afrikaans

Psalm 37 in English

Share this post:

Hoe Lei Ek My Kinders Geestelik?

Pa en dogter wat inkleur

Leer dit vir jou kinders deur met hulle daaroor te praat as jy in jou huis is en as jy op pad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan.

DEUTERONOMIUM 11:19

Dit kan moeilik wees om jou geloof aan jou kinders te verduidelik op maniere wat hulle kan verstaan. Gelukkig hoef jy nie alles te weet of alles te verstaan nie. Trouens, as jy jou geloof met jou kinders deel, gee jy hulle iets meer waardevol as net inligting: jou tyd en aandag.


Ervaar Saam die Groot Stories van die Bybel.

Jy kan eenvoudig net die Bybel App vir Kinders op jou selfoon oopmaak en dit vir jou kind gee, (miskien sodat jy ‘n paar takies gedoen kan kry). Maar oorweeg die volgende: Sit met jou kind op jou skoot en vra hulle om vir jou ‘n storie te wys. Laat jou kind jou wys hoe die program werk. (Vra baie vrae!) Om die program saam te deel, skep natuurlike geleenthede vir julle om te praat… en jy sal leer wat in jou kind se gedagtes aan die gang is.

Laai die Bybel Toep af


Vind Jou Mense.

Jy kan jou kinders julle gesin se waardes leer (en jy behoort dit te doen), maar hulle sal dit beter leer as hulle sien dat jy dit elke dag uitleef. Dis ‘n goeie idee om jou gesin in kontak te bring met ander gesinne wat dieselfde waardes het. As jy nog nie ‘n geestelike huis gevind het nie, kan jy een naby jou opspoor by die Gebeurtenis funksie in die Bybel Toep.

Soek Gebeurtenisse


Jy Lei Alreeds Jou Gesin Op Geestelike Gebied

Alles wat ons hier genoem het, is net voorstelle. Ons hoop dit sal meer idees by jou laat opkom van hoe jy in jou gesin kan belê. Of jy nou een van hulle probeer, of nie, onthou net: jy is alreeds besig om jou gesin te lei. Wat jy ook al elke dag doen, jou kinders leer daaruit dat dit die dinge is waaraan jy waarde heg. Kies doelbewus die rigting waarin jou gesin moet gaan…en doen dit saam.

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Gee leiding aan ‘n jongmens oor hoe hy moet leef, en hy sal ook as hy al oud is nie daarvan afwyk nie.

Spreuke 22:6

Share this post: