Laai Die Bybeltoep

Ontvang ‘n gratis Bybel

vir jou foon,
tablet en rekenaar


Laai Die Bybeltoep

Dis moeilik om gefokus te bly op God en sy Woord.
Dis hoekom die gratis YouVersion Bybel Toep jou die geleentheid gee om daagliks God se hart te soek:  luister na klankbybels, skep gebede, studeer saam met vriende, ontdek meer as 2000 Bybelweergawes en nog meer. Dis nou op meer as 400 miljoen toestelle in die wêreld!

Laai Die Bybeltoep

Dit is vir enigeen wat alleen voel …

Iemand wat in die woestyn stap

Jy is nie alleen nie.

Daar is baie mense wat tans rigting soek oor hoe om weer met vriende en familie, wat hulle ‘n ruk lank nie gesien het nie, verbintenisse te maak.

Hierdie proses neem tyd en kan frustrerend voorkom. Selfs wanneer dit voel of ons alleen en uit voeling is, kan ons deur gebed ‘n verbintenis met God soek en Hom vra om ons te help om weer in verbinding te kom met die mense om ons.

God is altyd by ons en Hy hou baie daarvan dat ons eerlike gesprekke met Hom aanknoop.

‘n Gebed om ‘n Verbintenis te Maak

Hemelse Vader, vir baie mense was die afgelope jaar ‘n tydperk van afsondering. Ten spyte van tegnologiese vooruitgang, het ons gesien hoe verhoudings verander en uitmekaar dryf en hierdie verlies het ons hartseer gemaak.

Vader, ons weet egter U kan herstel wat gebroke is. U gee om vir gemeenskappe en het ons vir verbintenis geskape. U het ook u Heilige Gees aan ons gegee, wat verstaan waarvoor ons te staan kom en namens ons bid. Wanneer ons dus alleen voel, herinner ons asseblief dat U naby is en dat U nog nie klaar gewerk het nie.

Herstel ons verhoudings en wys ons hoe om betekenisvolle verbintenisse te maak, selfs al voel dit aanvanklik ongemaklik.

Uiteindelik wil ons hê ons eensaamheid moet ons nader aan U trek en ook die mense wat U ons geroep het om lief te hê en te ondersteun. Neem dus ons afsondering, ons skeiding, ons sosiale angs en ons vrees en verander dit in iets moois wat die wêreld nader aan U en aan mekaar bring.

In die Naam van Jesus,
amen.

Stoor Gebed

Dank God vir ma’s ❤️

Ma wat twee kinders 'n drukkie gee

Vier die ma’s wat
jou inspireer.

Hulle is die vroue wat deurgaans vir hul gesinne sorg. Diegene wat besige skedules, deurmekaar kamers en soms leë huise moet hanteer. Hulle is die vroue wat ander met liefde mentor en in deernis lei. Hulle is ook die vroue wat altyd opdaag — selfs wanneer die lewe moeilik raak.

Hierdie vroue wys ons wat dit beteken om ‘n ma te wees. Hulle is waardig om geliefd te wees, bekend gemaak en gevier te word.

Vandag is die ideale dag om die ma in jou lewe te vertel hoeveel jy haar waardeer. Neem ‘n oomblik om God te dank vir die ma’s wat Hy om jou geplaas het en deel hierdie spesiale versbeeld met iemand wat jou inspireer.

Versbeeld vir Spreuke 31:29

Deel hierdie Versbeeld

Kom ons soek God … saam op.

Wat beteken dit vir jou om God op te soek?

Om gereeld tyd met God deur te bring, is nie altyd maklik nie. Gelukkig hoef jy God nie alleen op te soek nie — dis ook nie hoe dit behoort te wees nie. Oorweeg dit om mense uit te nooi om saam met jou tot God te nader deur die Bybel te bestudeer.

Begin eenvoudig met ‘n leesplan, kies “Saam met Vriende” en soek God daagliks op saam met mense wat jy vertrou.

Al die gelowiges was eensgesind en het alles met mekaar gedeel.

HANDELINGE 2:44

Ontdek nog Leesplanne

Vyf Gebede om Geestelike te Groei

Persoon wat bid

Wat behels geestelike groei?

Gesonde verhoudings vereis harde werk, goeie gewoontes en tyd wat saam deurgebring word. Dis hoekom ons elke dag nader aan God moet kom om geestelik volwasse te word.

Hier onder is vyf gebede wat op verskillende maniere daarop fokus om tot God te nader. Nadat jy daardeur gelees het, kies een om hierdie week op te fokus en laat God toe om jou in ‘n nuwe mens te verander, deur jou denke te vernuwe.


‘n Gebed om Vrygewig te Leef

Hemelse Vader,

sonder U het ek niks nie. Elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk kom van U, maar soms sien ek u geskenke aan my as iets wat ek verdien. Soms kom ek in die versoeking om my rykdom, tyd en hulpbronne op te gaar, in plaas daarvan om dit met ander te deel. Eintlik weet ek dat ek geseën word om ‘n seën vir ander te wees. Help my asseblief om ‘n goeie rentmeester te wees van die gawes wat U aan my toevertrou het. Verander my in iemand wat mildelik lewe en uitdeel.

In die Naam van Jesus,
Amen.

Stoor Gebed


‘n Gebed vir Rus

Hemelse Vader,

in ‘n wêreld waar dit opgehemel word om besig te wees, is dit maklik om tyd te verspil op dinge wat nie saak maak nie. As ek nie versigtig is nie, kan ek afgestomp raak of myself uitbrand omdat ek nie genoeg ruimte laat om elke dag in u teenwoordigheid rus te vind nie. Ek het u hulp nodig om my denke en lewe te verander. Ek het u hulp nodig om tyd te maak om te rus. Help my om U elke dag op te soek. Ek wil net by U wees.

In die Naam van Jesus,
Amen.

Stoor Gebed


‘n Gebed om die Woord van God te Lees

Hemelse Vader,

baie dankie dat U vir my die paaie wys wat na die lewe lei. Ek is baie dankbaar dat ek vir ewig vreugde in u teenwoordigheid kan vind! Help my om waardig te leef ooreenkomstig U roeping vir my, deur tyd aan u Woord te wy. Ek wil nooit vergeet dat toegang tot die Skrif ‘n geskenk is nie. Maak my dus gretig om u woorde te lees. Openbaar u wil aan my terwyl ek tyd in u teenwoordigheid deurbring. Leer my u Woord, wat die waarheid is.

In die Naam van Jesus,
Amen.

Stoor Gebed


‘n Gebed vir Diensbaarheid

Hemelse Vader,

U is so vriendelik teenoor my. Toe U nie u eie Seun gespaar het om ons te red nie, het U vir my ‘n voorbeeld van gehoorsaamheid gestel. Dankie dat U vir my wys wat dienende leierskap is. Help my om u wil te soek in plaas van my eie. Ek wil U dien, deur ander te dien. Verander dus my hart en help my om ander waarlik lief te hê. Vorm my in iemand wat ander hoër ag as homself.

In die Naam van Jesus,
Amen.

Stoor Gebed


‘n Gebed om met God te praat

Hemelse Vader,

soms voel dit vir my of ek nie woorde het om te bid nie. Ek weet nie altyd wat om vir U te sê nie. Wat sê ek vir Iemand wat in elke opsig volmaak is? Help my om te onthou dat U graag van my wil hoor. Gee my die selfvertroue om my hart teenoor U oop te maak, maar op ‘n respekvolle wyse. Laat hierdie openhartige gesprekke my asseblief na ‘n dieper sin van ontsag, bewondering, en liefde vir U lei. Leer my hoe om met U te praat en maak my dan gretig om dit elke dag te doen.

In die Naam van Jesus,
Amen.

Stoor Gebed