Die gewildste Leesplanne van 2019 is…

'n Man wat in die verte in kyk

“Ek weet wat Ek vir julle beplan,” sê die Here: “voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ‘n toekoms gee, ‘n verwagting!” – Jeremia 29:11

'n Man wat in die verte in kyk

Sluit hierdie dekade op ‘n goeie noot af:

Voltooi een van die hoogs-aangeskrewe Bybel Leesplanne van 2019 en berei jou hart voor vir God se planne vir jou in 2020:

Bruistablette vir die lewe
Dagstukkies vir besige vroue
Leef deur geloof
’n Hart vol Dankbaarheid
Verkondig die evangelie van Jesus Christus

Kyk Na Nog Leesplanne

Share this post:

Geseënde Kersfees!

Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore. - Lukas 2:11 - Versbeeld

Dit is die wonderlikste tyd van die jaar…

2000 Jaar gelede het Jesus aarde toe gekom om Immanuel te word, “God met ons.” En deur hierdie een opofferende daad van liefde, ervaar ons vir ewig intimiteit met God!

Terwyl ons vandag Jesus se geboorte vier, kan jy die goeie nuus van Sy liefde versprei: deel die Versbeeld hierbo met jou vriende en familie.

Ons wens jou ‘n baie Geseënde Kersfees toe! Van ons almal by YouVersion.

Deel Kersfeesbeeld

Share this post:

Kersfees Bybelverse

Kersfees Bybelverse

Hy sal sy mense ‘n kort rukkie prysgee, so lank as dit ‘n vrou neem om ‘n kind in die wêreld te bring. Dan sal dié uit sy familie wat die ramp oorleef het, terugkom na die Israeliete toe.

MIGA 5:2

Die Here sal daarom self vir julle ‘n teken gee: ‘n Jong vrou sal swanger word en ‘n seun in die wêreld bring en sy sal hom Immanuel noem.

JESAJA 7:14

Terwyl hy dit in gedagte gehad het, het daar ‘n engel van die Here in ‘n droom aan hom verskyn en gesê: “Josef seun van Dawid, moenie bang wees om met Maria te trou nie, want wat in haar verwek is, kom van die Heilige Gees. Sy sal ‘n Seun in die wêreld bring, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.”

MATTEUS 1:20-21

“God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.

JOHANNES 3:16

Sy heerskappy sal uitbrei, en Hy sal vir altyd vrede en voorspoed bring. Hy sal op die troon van Dawid sit en oor sy koninkryk regeer. Hy sal dié koninkryk vestig en in stand hou deur reg en geregtigheid, van nou af en vir altyd. Daarvoor sal die onverdeelde trou van die Here die Almagtige sorg.

JESAJA 9:6

Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid.

JOHANNES 1:14

Maar toe die tyd wat God daarvoor bepaal het, aangebreek het, het Hy sy Seun gestuur. Hy is uit ‘n vrou gebore en van sy geboorte af was Hy aan die wet onderworpe om ons, wat aan die wet onderworpe was, los te koop sodat ons as kinders van God aangeneem kon word.

GALASIËRS 4:4-5

Toe sê die engel vir hulle: “Moenie bang wees nie, want kyk, ek bring vir julle ‘n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk bestem is. Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here!

LUKAS 2:10-11

Skielik was daar saam met die engel ‘n menigte engele uit die hemel wat God prys en sê: “Eer aan God in die hoogste hemel, en vrede op aarde vir die mense in wie Hy ‘n welbehae het!”

LUKAS 2:13-14

Nadat hulle die koning aangehoor het, het hulle vertrek; en kyk, die ster wat hulle sien opkom het, het hulle gelei totdat dit gaan staan het bo die plek waar die Kindjie was. Toe hulle die ster sien, was hulle baie bly. Hulle het in die huis ingegaan en die Kindjie saam met Maria, sy moeder, gesien, en hulle het gekniel en aan Hom hulde bewys. Daarna het hulle hulle reissakke oopgemaak en vir Hom geskenke uitgehaal: goud, wierook en mirre. En omdat God hulle in ‘n droom gewaarsku het om nie na Herodes toe terug te gaan nie, het hulle met ‘n ander pad na hulle land toe teruggegaan.

MATTEUS 2:9-12

Share this post:

‘n Adventgebed oor Liefde

Begin met ‘n Kersfees of Advent Leesplan

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Hierdie Adventgebed is die laaste in ‘n reeks van vier.
Week 1 – ‘n Adventgebed oor Hoop
Week 2 – ‘n Adventgebed oor Vrede
Week 3 – ‘n Adventgebed oor Blydskap
Week 4 – ‘n Adventgebed oor Liefde

Share this post:

Kersfees is amper hier. ⭐️ Kom ons vier dit!

Die Bybel Toep op jou foon, met Kersfeesliggies in die agtergrond

Vir weke het ons nou al ons harte voorberei in hoopvolle verwagting, en nou is Kersfees oor een week. Vier saam met ons terwyl ons besin oor God se perfekte geskenk aan ons: Sy enigste seun, Jesus. Wanneer jy hierdie vakansietyd saam met vriende en familie kuier, weet ons dat jy dit sal geniet om God se Woord te lees. Lees hierdie herinneringe van die hoop en vreugde wat ons in Christus het.


Die Kersfees Storie

Die Kersfees Storie
YouVersion, 5 Dae

Lees of luister na die volledige Bybelse weergawe van Christus se geboorte, van profesieë oor die Verlosser wat sou kom, tot sy nederige begin in ‘n stal, en al die pad tot by Immanuel: God wat by ons is.

Begin Leesplan

Stoor vir later


'n Kind wat die Bybel App vir Kinders speel

Bybel App vir Kinders:
Die eerste Kersgeskenk

Vier Jesus se koms met pret, raak-sensitiewe animasies en kleurvolle kunswerke. Die kinders in jou lewe sal daarvan hou om al 41 stories in die Bybel App vir Kinders te verken. Jy sal daarvan hou hoe die Geskommelde Storie, Storie Pasmaats en Storie Plakkers aktiwiteite hulle help om die dinge wat hulle leer, te onthou. YouVersion het die Bybel App vir Kinders ontwikkel in samewerking met OneHope, om kinders ‘n Bybelervaring van hul eie te gee. Dis alreeds geïnstalleer op meer as 34 miljoen toestelle wêreldwyd. Die Bybel App vir Kinders is beskikbaar in 50 tale – en dit is altyd heeltemal gratis.

Kry dit Nou

Gee leiding aan ‘n jongmens oor hoe hy moet leef, en hy sal ook as hy al oud is nie daarvan afwyk nie.

Spreuke 22:6

Share this post: