Ken mense die ware jy?

'n Krans wat oor die see uitkyk

Met die hart glo ons, en ons word vrygespreek; en met die mond bely ons, en ons word gered.

ROMEINE 10:10

'n Krans wat oor die see uitkyk

Wat wil jy hê mense moet omtrent jou weet?

Dit kan so aanloklik wees om ons aanlyn-teenwoordigheid saam te stel om ander te beïndruk: lekker etes wat ons geniet, eksotiese plekke waar ons kuier, gewilde mense met wie ons tyd spandeer. Dit is goed om te deel. Maar Jesus het nie gesê dat Hy ons prestasies sou gebruik om mense na Homself te trek nie. Hy het gesê dat dit ons liefde sou wees (Johannes 13:35).

Begin hierdie jaar ‘n gewoonte daarvan maak om gereeld Sy transformerende liefde te deel.

Begin Klein…

Om ‘n Bybelvers of ‘n Versbeeld aan ‘n vriend te stuur, is maklik. Het jy ‘n daaglikse herinnering nodig? Teken in op Vers-van-die-dag. Jy kan selfs inhoud uit oordenkings deel: elke Bybel Leesplan het ‘n Deel knoppie in die hoek ( Deel ikoon ).

…Kweek Dan Jou Gewoonte.

Nadat jy ‘n paar keer gedeel het, stel jou ten doel om ten minste een Bybelvers of Bybel Leesplan elke dag vir ‘n week te deel. Dit sal nie lank duur voordat jou vriende vir jou begin vertel hoeveel hulle jou aanmoediging waardeer nie!

Deel die Versbeeld

Share this post:

Neem 2020 na die volgende vlak:

Vriende

Die Lewe is Beter… Saam met Ander.

Vriende

Met wie praat jy as jy vrae oor jou geloof het? Waarnatoe gaan jy vir antwoorde?

Maak dit jou daaglikse gewoonte om die Skrif te bestudeer. Bou aan jou gemeenskap deur ‘n Leesplan saam met vriende te doen.

Begin met ‘n Leesplan deur op Saam met Vriende te druk, en nooi jou vriende uit. Ontsluit die waarhede in God se Woord wat jy dalk nie op jou eie sou raaksien nie, en kry die vaardighede om ander aan te moedig.

Kyk hoe God jou lewe en die van jou gemeenskap kan verander, deur saam die Skrif te bestudeer!

Leef! Een dag op ’n keer deur Trevor Hudson
Saligsprekinge
Versameling: Vind Saam Die Lewe
Beter Tesame
Psalms en Spreuke in 31 Dae
1 & 2 Timoteus
Handelinge

Begin ‘n Leesplan saam met Vriende

Share this post:

Begin 2020 met ‘n Bybelgewoonte:

2020

Maak 2020 Jou Jaar:

Wil jy jou lewe hierdie jaar herskep? Dit begin met ‘n klein gewoonte elke dag.

Deur een van hierdie Leesplanne te begin, kan jy die bybelse gereedskap kry wat jy nodig het om gesonde gewoontes te kweek:

Hoop vir die lewe
Soos ’n veldbom deur Struik Christian Media
Koeke en terte
Hoe om die Bybel te Begin Lees
Gewoontes
Nuwe Jaar, Nuwe Genade
Gaan-Doen-Sê-Gee: Die Vryheid van Oorgawe Aan Jesus
Kom Ons Lees Saam die Bybel (Januarie)
60 Om te begin
21-Dae Vas
Robert Roberts

…So, waarvoor wag jy?

Begin nou een van hierdie Leesplanne.

Kweek ‘n Gewoonte


Share this post:

Jou YouVersion Oorsig is gereed!

2019 Oorsig

Het jy al jou YouVersion Oorsig gesien? Dis die hele jaar in een beeld!

Wil jy in 2020 nader aan God kom? Die Bybel Toep het baie maniere om jou te help. (En nog meer in die komende jaar.) Hier is een van die beste maniere om te besluit wat om volgende te doen: kyk terug oor die pad wat jy hierdie jaar geloop het. Jou YouVersion Oorsig wys jou hoeveel Leesplanne jy voltooi het, Verse jy gekleurmerk het, Versbeelde wat jy geskep het, en nog meer. En dis baie maklik om dit met vriende te deel!

Jou YouVersion Oorsig

Share this post:

Het jy ‘n nuwe toestel gekry? Moet dít nie vergeet nie.

Toestelle

Wat is die beste toepassing vir nuwe toestelle?

Almal hou daarvan om ‘n splinternuwe toestel te kry tydens die vakansietyd. Dit help ons om in kontak te bly, ons belangstellings na te vors, foto’s en videos te neem en om betalings te doen. Terwyl jy al jou nodige toepassing installeer (en jou gesinslede help met hulle s’n), moenie die toepassings vergeet wat jou en jou gesin kan help om elke dag nader aan God te kom nie.

Die Bybel Toep Embleem

Die Bybel Toep laat jou toe om jou gunsteling Bybelweergawes te lees, of daarna te luister, om by wonderlike leraars te leer deur middel van Leesplanne, en jou reis met ander te deel.

Bybel Toep vir Kinders: Jesus

Die Bybel App vir Kinders help kinders om 41 Bybelstories deur middel van prettige animasie en aktiwiteite te lees. Dis nou in 50 tale beskikbaar!


Meisie met 'n foon

Oorweeg jy ‘n geskenk vir die einde van die jaar?

Jy kan deel uitmaak daarvan om ons te help om mense regoor die wêreld te help om elke dag kontak te maak met God. Vat hande met ons in hierdie wêreldwye beweging van God.

Skenk

Share this post: