Die waarheid het alles verander
Stel jou voor hoe die lewe sou wees as Jesus se woorde, “dit is volbring”, werklik sy lááste woorde was. Gelukkig het Jesus nie net die waarheid gepraat nie – Hy ís die Waarheid.
Die waarheid sal uiteindelik seëvier.
“… Jesus het vir hom gesê: ‘Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie'”
(Joh. 14:6 AFR83).
Met sy dood het Jesus ons van die leuens oor sonde en skaamte bevry en ons ‘n nuwe identiteit gegee wat in sy waarheid geanker is. Dít is wat Goeie Vrydag “goed” maak.
Dink vandag daaroor na met hierdie spesiale gebed vir Goeie Vrydag.
Die plasing is ook beskikbaar is: Engels Spaans Frans Hollands Portugees Chinees (Vereenvoudig) Chinees (Traditioneel) Arabies

