Waarvoor bid jy?

Persoon wat bid

As iets in jou lewe groot genoeg is om oor bekommerd te wees, is dit groot genoeg om oor te bid.

Nie seker waar om te begin nie? Kies een van hierdie aangepaste gebede om by jou YouVersion-gebedslys te voeg.


Ek is bekommerd oor …

Vader, wanneer ek oor ______ dink, voel ek ______. Help my om my oë op U te vestig wanneer dinge buite my beheer voel. Herinner my dat U nie met my sal moed opgee nie omdat U vir my omgee. In die Naam van Jesus. Amen.

Skep ‘n Gebed >


Ek hoop …

Vader, U verstaan my diepste begeertes en behoeftes. Help my om my verwagtinge oor ______ aan U oor te gee. Terwyl ek u planne nastreef, help my om te onthou dat U my reeds met ______ gehelp het. Wys my hoe om ‘n lewe te lei wat die roeping waardig is wat U vir my gegee het. In die Naam van Jesus. Amen.

Skep ‘n Gebed >


My verhouding met …

Vader, ek gee my verhouding met ______ aan U oor. Lei ons deur hierdie tydperk wat ons gaan. Help my om te sien waar ek ______ en ______ is sodat ek daardie dinge aan U kan oorgee en daardie eienskappe kan vervang met u onbaatsugtige liefde. In die Naam van Jesus. Amen.

Skep ‘n Gebed >


Nadat jy ‘n gebed geskep het, maak seker dat jy op Deel met Vriende druk sodat hulle vir jou kan bid!


FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

“Ek het opgehou om die Skrif te lees.”

Marcel

Marcel het jare lank gesukkel om die Skrif te lees.

“Ek het dikwels gedink dat dit vervelig is om hele hoofstukke teks te lees, en het myself oortuig dat dit genoeg is om tydens kerkdienste na die Skrif te luister.”

Toe vertel ‘n vriend hom van YouVersion.

“Een treetjie op ‘n slag, dag na dag en voor ek dit besef het, het ek weer die Bybel gelees – elke dag!”

Deur die Woord van God kon Marcel op ‘n lewensveranderende manier nader aan God kom en in sy geloof groei.

Na vier jaar wat hy die Woord van God gereeld ervaar het, help Marcel ander mense om dieselfde lewensverandering te ervaar deur vrywillig by ons Slowaakse Lokaliseringspan te werk.

Moenie misloop wat God doen nie.

Wanneer jy ‘n donasie aan YouVersion gee, help jy mense soos Marcel om die Woord van God te ervaar en hul gawes te gebruik om ander te beïnvloed.

Kyk na hierdie manier hoe God jou dalk wil gebruik om deel van die volgende persoon se lewensverandering te wees.

Gee nou ‘n donasie

Die maklikste manier om tot ons bediening by te dra, is deur ‘n herhalende donasie op te stel.

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Wie word jy?

Iemand wat deur 'n venster kyk

Die besluite wat jy vandag neem, beïnvloed wie jy word.

Wanneer jy kies om Jesus te volg, word jy nuut gemaak en na sy beeld gevorm.

“Daarom — iemand wat aan Christus verbind is, is ’n nuwe skepping. Die ou dinge is verby, kyk, die nuwe is hier!”

2 KORINTIËRS 5:17

Ontwikkel geestelike gewoontes met hierdie leesplanne om elke dag meer soos Jesus te word.

Soek nog leesplanne

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Hier is iets wat die moeite werd is om te vier

Iemand wat feesvier

Die uitslae is bekendgemaak …

Vanjaar het meer as 900 000 lede van ons wêreldwye gemeenskap die 2022 Halfjaarlikse Uitdaging Kenteken verwerf, deur meer as 5 000 000 planne te voltooi.

Kenteken van die Halfjaarlikse Uitdaging

Statistieke is betekenisvol, maar wat meer saak maak is die verhaal daaragter. Daardie getalle verteenwoordig mense, regoor die wêreld, wat nader aan God groei.

Dit is nou die tyd om voort te gaan om jou Bybelgewoonte vas te lê, al het jy nie die Uitdaging voltooi nie.

Kyk na hierdie drie funksies:

Verdien nog kentekens

Kentekens

Motiveer jouself deur hierdie haalbare doelwitte te stel … en hulle een vir een aan te pak. Maak die Bybeltoep oop, skep ‘n rekening en druk op “Meer” om te begin.


Soek jou volgende leesplan

Leesplanne

Ontdek wat die Bybel sê, van angs tot finansiering, met hierdie daaglikse oordenkings.

Blaai deur Leesplanne >


Stel daaglikse herinneringe op

Herinneringe

Om aan te gaan om ‘n gereelde Bybelgewoonte te ontwikkel, kan jy daaglikse herinneringe opstel vir funksies soos leesplanne en Vers-van-die-dag.

Stel ‘n Herinnering op >


FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Sê nou die Bybel was nie in jou taal beskikbaar nie?

Die Bybel vir Almal

BYBEL
VIR
ALMAL

Dit klink dalk voor die hand liggend …

Jy kan vandag die Skrif ervaar omdat iemand dit in jou taal vertaal het.

Daar is egter tans mense regoor die wêreld wat nog steeds wag vir ‘n Bybel in hul eie taal.

Byna ‘n miljard mense kan met hul gesinne, vriende en bure praat … maar hulle het dit nog nooit ervaar dat God met hulle deur sy Woord in hul hartstaal praat nie.

Jy kan dit verander.

Wanneer jy ‘n donasie vir Bybelvertaling gee, gaan dit na ons wêreldwye Bybelvennote wat alreeds daaraan werk om die Skrif te vertaal.

Befonds Bybelvertaling

Byna onmiddellik nadat ‘n nuwe weergawe klaar vertaal is, kan ons dit aan die hele YouVersion-gemeenskap beskikbaar stel.

Ons visie
vir 2033

95% van die wêreldbevolking sal ‘n volledige Bybel hê

99,9% sal ten minste die Nuwe Testament hê

100% sal ten minste ‘n gedeelte van die Skrif hê

Die visie is om seker te maak dat almal teen 2033 tot ten minste ‘n gedeelte van die Skrif toegang het.

Sal jy by ons aansluit?

Gee nou ‘n donasie

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos


Alle bydraes wat deur die Bybel vir Almal-veldtogte ontvang word, sal uitsluitlik vir die vertaling van die Bybel gebruik word en oor verskillende vertaalprojekte van hoë impak versprei word. Namate elke projek voltooi word, sal enige oorblywende fondse dan aangewend word vir die volgende vertaalprojek wat deur YouVersion en sy vennote gekies word.