Januarie is gewoonlik die tyd wanneer ons weer ons lewens in oënskou neem en ons harte voorberei vir wat God volgende gaan doen. As die toekoms egter steeds onseker voel, kan ons in die versoeking kom om ons goeie gewoontes en langtermyn doelwitte te verslap.
Dit waarop ons ons gedagtes vestig, het ‘n invloed op ons vermoë om deur lang tydperke staande te bly — daarom maak dit saak dat ons ons dryfkrag behou om Jesus passievol te volg.
Wanneer jy God se wil vir jou lewe soek, sal jou lewe mettertyd sy karakter weerspieël. Daag jouself dus gedurende Februarie uit om tyd saam met Hom ‘n daaglikse gewoonte te maak, deur die 21-dae Uitdaging te voltooi.
Amptelike Reëls
Die 21-dae Uitdaging begin op 1 Februarie 2021 en duur die hele maand.
Kry die 21-dae Uitdaging Kenteken deur ten minste een leesplandag vir 21 dae lank voor die einde van Februarie te voltooi.
Nooi ‘n paar getroue vriende uit om by jou aan te sluit, om die grootste voordeel uit jou uitdaging te kry. (Stel ‘n daaglikse herinnering in jou leesplan instellings, sodat jy nie enige dae mis nie.) As jy jou leesplan voor die einde van die uitdaging voltooi, gaan bloot met nog leesplanne aan!
Druk op die knoppie hieronder om leesplanne te vind. Jy kan op Stoor vir Later druk en dan op 1 Februarie begin.
Die plasing is ook beskikbaar is: Engels Indonesies Duits Spaans Filippyns (Tagalog) (Tagalog) Frans Italiaans Hollands Portugees Roemeens Russies Japanees Chinees (Vereenvoudig) Chinees (Traditioneel) Koreaans