Posted on 2021-06-302021-07-01 by Bybel Leesplanne – Junie 2021 Ontvang krag in die teenwoordigheid van God 7 dae As jy elke dag God se teenwoordigheid sterk wil ervaar, moet jy meer tyd by sy voete deurbring. Dit is in sy teenwoordigheid dat ons herstel en bemagtig word om ons roeping te vervul en om die goeie stryd van geloof te veg. Hierdie oordenkings is geneem uit AARTAPPELGELOOF VIR ELKE DAG deur Angus Buchan © Christelike Uitgewersmaatskappy. God is aan jou kant deur Nina Smit 5 Dae Hierdie 5-dag-leesplan sal lesers herinner aan God se blywende liefde, en sal hulle bemoedig om hul seënings te tel en elke dag voluit te leef. Elkeen van die vyf dae handel oor ’n spesifieke tema (soos om te fokus op die positiewe en om altyd dankbaar te lewe) en sluit ’n toepaslike gebed en Bybelvers in. Die inhoud vir hierdie leesplan is gebaseer op Nina Smit se “God is aan jou kant”. Wees Die Hande En Voete 5 Dae Nick Vujicic is wêreldwyd bekend as die man sonder arms en bene, wat ‘n aansteeklik positiewe gesindheid het. Soos Nick met ons deel in “Be the Hands and Feet”, is niks in sy lewe so lonend as om Jesus bekend te stel aan mense wat Hom nog nie ontmoet het nie. Wat behels dit? Hierdie vyf-dagse leesplan gee ons ‘n blik op die kern van Nick se boodskap en inspireer ons om ons geloof in Jesus met ‘n wêreld te deel wat hoop desperaat nodig het. Goliat Moet Val 7 Dae Dis heel moontlik dat jy `n reus in jou lewe het wat jou gevange hou, jou intimideer, en jou vreugde steel. Teëstanders soos vrees, verwerping, gemak, woede, en verslawing steek `n kleim af en voor jy dit weet, verkry dit `n vastrapplek in jou hart. In hierdie sewe-dag leesplan, ondersoek Louie Giglio die verhaal van Dawid en Goliat om te wys hoe hierdie reuse kan val: deur te fokus op die grootte van ons God, nie die hoogte van jou reuse nie, en deur in die oorwinning te loop wat Jesus reeds behaal het. Die krag van die Heilige Gees 7 dae Jesus het vir die dissipels gesê hulle moet in Jerusalem wag. Wag waarop? Om met die Heilige Gees gedoop te word, vir die Heilige Gees om oor hulle te kom en hulle te vul. Hierdie gawe van God is ook vir jou vandag beskikbaar. Leer meer oor die Heilige Gees in hierdie 7-dag-leesplan deur evangelis Angus Buchan uit sy dagboek AARTAPPELGELOOF VIR ELKE DAG © Christelike Uitgewersmaatskappy. Die Wapenrusting – Klere Vir Die Okkasie 6 dae Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie. Voel dit vir jou asof jy nie oorwinning in die stryd behaal nie? Het jy al jou uitdagings vanuit ‘n geestelike perspektief benader? Oorwinning in hierdie stryd word behaal deur die ses waarhede van die wapenrusting elke dag deel van jou lewe te maak. As jy vir jou geestelike stryd moed nodig het, gaan hierdie leesplan jou help! Oorwinning Oor Angs 7 Dae Angs is ‘n normale reaksie op onsekerhede in die lewe. Maar wat ons met ons angs doen — en hoe lank ons dit toelaat om binne ons te leef — is wat belangrik is. Sluit by Dr. Charles Stanley aan, waar hy hierdie vernietigende emosie definieer, jou wys hoe om die oorhand te kry en jou help om God se oplossing vir angstigheid eens en vir altyd te vind, wat jou na ‘n seëvierende, geloofsgevulde lewe sal lei.