“Hoe kan ek vrees oorwin?”

'n Man wat opwaarts kyk

Indien jy hierdie vraag al gevra het, is jy nie die enigste een nie. Vrees is ‘n alte bekende gevoel waarmee mense oral te kampe het. Hetsy dit vrees vir mislukking, ander mense of die toekoms is — jy kan met God praat oor wat ook al jou vrees veroorsaak.

Neem ‘n oomblik om met behulp van hierdie gebed met God te praat:


  • Vader,
  • U Woord sê dat U my nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee het nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing. Help my om te fokus op die waarheid van wie U is. Maak die storm in my gedagtes stil, en skenk aan my u vrede.
  • In die Naam van Jesus. Amen.

God wil jou vrese met sy vrede vervang! Kies ‘n leesplan uit die lys hieronder of blaai deur die hele versameling van leesplanne oor vrees om vandag saam met God oor hierdie onderwerp na te dink.

Leesplan-ikoonOntdek leesplanne

FacebookDeel op Facebook

XDeel op X

E-posDeel per e-pos

Vrees is ‘n alte bekende gevoel vir mense oor die hele wêreld heen. Kies vandag ‘n leesplan wat jou kan help om jou vrese na God te bring en sy vrede te ontvang.

Share this post:

“Die Woord van God verander lewens een verhaal op ‘n keer …”

Mense wat deur die Woord van God herskep is

Terwyl ons een miljard installasies van ons reeks toepassings nader, is ons verstom oor wat God in ons gemeenskap doen!

Ons hoor tallose verhale — van verslawing na herstel, van eensaamheid na gemeenskap, van lewensveranderende ongelukke na hernude hoop.

Elke verhaal herinner ons daaraan dat die Woord van God krag het om te vertroos, te genees, te herstel en te herskep.

Ontdek kragtige verhale vanuit ons YouVersion-gemeenskap en sien hoe die Woord van God lewens wêreldwyd verander.

Vertel my meer

FacebookDeel op Facebook

XDeel op X

E-posDeel per e-pos

Share this post:

‘n Indrukwekkende mylpaal wink …

Aardbol met ligte

YouVersion se Bybeltoepassings nader ‘n miljard wêreldwye installasies met jou hulp!

Elkeen van daardie miljard installasies van die Bybel, sal ontelbare lewens — joune ingesluit — verteenwoordig wat die Woord van God bestudeer.


Hoe het die Woord van God jou lewe beïnvloed?

Terwyl die momentum vir die Bybel opbou, het ons ‘n wonderlike geleentheid om die Woord van God te deel met die bykans 42% van die wêreld wat dit nog nooit ervaar het nie.

Dink dus aan iemand wat vir jou belangrik is en nie tans die Woord van God lees nie. Stel jou voor hoe dit hul lewens kan verander indien jy die Bybel met hulle deel.

Hierdie beweging se momentum sal nie afneem voordat die Woord van God elke mens bereik het nie. Deel vandag die Bybeltoep en help ons om sodoende die historiese mylpaal te bereik!

Deel-ikoonDeel die Bybeltoep


FacebookDeel op Facebook

XDeel op X

E-posDeel per e-pos

Share this post:

Die “Goeie” in Goeie Vrydag

Doringkroon

Selfs met sy laaste asemteug, het Jesus gebid.

Jesus het hard uitgeroep: “Vader, in u hande gee Ek my gees oor.” Na hierdie woorde het Hy die laaste asem uitgeblaas.

Lukas 23:46

Jesus het deur sy dood aan elkeen van ons ‘n nuwe lewe in Hom geskenk. Dít is wat Goeie Vrydag “goed” maak.

Dink vandag na oor sy offer vir jou met ‘n spesiale gebed in die Bybeltoep.

GebedsikoonKom ons bid

FacebookDeel op Facebook

XDeel op X

E-posDeel per e-pos

Share this post:

Dit is vir jou gedoen…

“The Chosen” en Jesus eet die laaste maaltyd saam met die dissipels

Vandag gedenk ons Jesus se laaste maaltyd saam met sy dissipels. Hy het sy belofte van nuwe lewe deur sy dood met hulle gedeel terwyl hulle brood geëet en uit die beker gedrink het.

“… dit is my bloed, die bloed waardeur die verbond beseël word en wat vir baie vergiet word tot vergewing van sondes.”

Matteus 26:28

Maak die Begeleide Skrif oop om vandag deur “The Chosen” se unieke inhoud meer van Jesus se offer en die betekenis van die laaste maaltyd te leer!

Maak Begeleide Skrif oop

FacebookDeel op Facebook

XDeel op X

E-posDeel per e-pos

Share this post: