Vind jou gunsteling Bybelweergawe met meer as 3 000 weergawes in die Bybeltoep!

almal, oral, elke dag.

Vier hierdie mylpaal saam met ons!

Die Bybeltoep van YouVersion het as ‘n idee in die sekuriteitslyn van ‘n lughawe begin.

Om egter hierdie idee ‘n werklikheid te maak, het ons een baie belangrike ding nodig gehad — die Bybel!

Oor die afgelope 15 jaar het ons Bybeluitgewers-vennote mildelik Bybelweergawes aan YouVersion verskaf omdat hulle glo in ons missie: om almal, oral, elke dag te bereik.

En as gevolg van hul vennootskap het ons sopas ‘n groot mylpaal bereik — daar is nou meer as 3 000 Bybelweergawes in 2 000 tale.

Vier vandag wat God doen deur die getrouheid van Bybeluitgewers-vennote deur jou gunsteling Bybelweergawe in die Bybeltoep te vind!

Verken Bybelweergawes

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

“Hoekom gebeur dit?”

Iemand wat deur 'n venster kyk

Dit maak nie saak wat jy in die gesig staar nie, weet dit: God het ‘n doel met jou lewe, selfs wanneer jy dit nie sien nie.

In Prediker 3 sê die skrywer vir ons daar is ‘n tydperk vir alles — om te dans, treur en te lag.

Hierdie Skrifgedeelte beskryf die skoonheid van die lewe, maar ook die swaarkry wat daarmee gepaard gaan. Dit wys vir ons dat ons selfs tydens moeilike tye kan vertrou dat God aan die werk is.

“God het elke ding gemaak dat dit pas in ‘n bepaalde tyd … Tog kan die mens die werk van God van begin tot einde nie begryp nie.”

Prediker 3:11

God werk buite ons ideale tydsberekening om iets groter te skep as wat ons ooit kon dink.

Die Skrif sê vir ons dat ons ervarings — goed of sleg — in God se hande is, en sy tydsberekening is volmaak.

Dit voel dalk nie nou so nie, maar God beweeg in jou lewe of jy dit nou kan sien of nie.

Dink vandag na oor Prediker 3 en vra God om jou te help om Hom en sy tydsberekening te vertrou.

Lees Prediker 3

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

September Gewilde Leesplanne

Leesplanne oor gebed

Wat weerhou jou daarvan om te bid soos jy graag wil?

Ons het van ons gemeenskap hierdie vraag gevra en ontdek dat baie wil bid, maar sukkel om te fokus, nie tyd het nie, of nie weet waar om te begin nie.

Voel jy dieselfde?

Ontdek hoe jy jou verhouding met God kan verdiep deur gebed met hierdie leesplanne.

Ontdek nog leesplanne


Terwyl jy nader aan God beweeg deur gebed, vra Hom hoe jy ‘n vrygewige lewe kan lei.

Wanneer jy ‘n donasie aan YouVersion gee, help jy miljoene mense om die krag van die Woord van God te ervaar — net soos jy.

Gee ‘n donasie >


FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Word deel van iemand se verhaal …

Persoon wat glimlag

“Ek het gedink die Bybel is vervelig en moeilik om te verstaan.”

MARSHA, VSA

Het jy dit al ooit moeilik gevind om jou waarlik tot die Woord van God te verbind?

Marsha het in God geglo, maar het steeds gesukkel om haar deur die Skrif tot Hom te verbind.

Alles het egter verander toe sy die Bybeltoep en sy 3 000 Bybelweergawes ontdek het. Deur weergawes te vergelyk, het die Woord van God helder geword.

“Ek kan nou lees en effektief op die Woord van God konsentreer. Ek sien God nie meer as ‘n karakter in ‘n boek nie. God voel vir my so eg. Ek sien Hom as my Vader, en sy verhale is feitelik.”

Die Woord van God is besig om Marsha se lewe te herskep, en dit verander die lewens van diegene om haar.

Jou vrygewigheid kan meer mense soos Marsha help om die krag van die Woord van God te ervaar.

Wanneer jy ‘n donasie van US$40 gee, maak jy dit vir 200 mense moontlik om die Bybeltoep af te laai en die Woord van God te ervaar.

Skenk Nou

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

“Maak dit regtig saak wat ek doen?”

Persoon

Het jy al ooit gevoel dat jou harde werk onopgemerk gebly het of nie ‘n verskil gemaak het nie?

Koning Dawid is die enigste persoon in die Bybel wat God ‘n man na sy hart genoem het. Selfs Dawid het egter misken gevoel.

Toe God vir Samuel gesê het om die volgende koning van Israel te salf, het Samuel na Isai en sy seuns gegaan. Elkeen van Isai se seuns het gelyk of hulle die eienskappe van ‘n goeie koning het, maar God het nie een van hulle gekies nie.

“… Die Here het vir Samuel gesê: ‘Moenie na sy voorkoms of sy buitengewone lengte kyk nie, want Ek het hom nie gekies nie. Die Here kyk nie na dieselfde dinge as die mens nie. Die mens kyk na die uiterlike, maar die Here na die innerlike.’”

1 Samuel 16:7

Isai het gesê dat daar een seun oor was, Dawid, wat die skape opgepas het. Destyds is skaapwagters as onrein en vuil beskou, en dit is waarskynlik hoekom Dawid nie oorspronklik genooi is nie. Alhoewel ander hom oorgesien het, het God vir Dawid gekies om Israel te lei.

Selfs toe Dawid ongemerk was, het God hom raakgesien — net soos Hy jou nou raaksien.

As God vir Dawid, ‘n gewone skaapwagter, kan gebruik om wonderlike dinge te doen, dan kan Hy jou ook gebruik.

Wat jy doen as niemand kyk nie, is wat jou vorm in wie God jou geskep het om te wees en jou vir sy planne vir jou voorberei.

Net soos Dawid, moet jy voortgaan om ywerig jou geloof in God te stel. Onthou, selfs wanneer jy ongewaardeerd voel, kan jy vertrou dat God jou raaksien, jou liefhet en jou waardeer.

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos