Selfs met sy laaste asemteug, het Jesus gebid.
Jesus het deur sy dood aan elkeen van ons ‘n nuwe lewe in Hom geskenk. Dít is wat Goeie Vrydag “goed” maak.
Dink vandag na oor sy offer vir jou met ‘n spesiale gebed in die Bybeltoep.
Selfs met sy laaste asemteug, het Jesus gebid.
Jesus het deur sy dood aan elkeen van ons ‘n nuwe lewe in Hom geskenk. Dít is wat Goeie Vrydag “goed” maak.
Dink vandag na oor sy offer vir jou met ‘n spesiale gebed in die Bybeltoep.
Vandag gedenk ons Jesus se laaste maaltyd saam met sy dissipels. Hy het sy belofte van nuwe lewe deur sy dood met hulle gedeel terwyl hulle brood geëet en uit die beker gedrink het.
Maak die Begeleide Skrif oop om vandag deur “The Chosen” se unieke inhoud meer van Jesus se offer en die betekenis van die laaste maaltyd te leer!
Op Palmsondag herdenk ons Jesus se triomfantlike intog in Jerusalem toe Hy soos ‘n koning verwelkom is.
Dit lui die eerste dag van Heilige Week in, ‘n tyd wanneer ons oor die gebeure nadink wat tot Jesus se dood en opstanding gelei het.
Ons vennoot, “The Chosen”, deel met ons beeldmateriaal uit hul nuut-vrygestelde Seisoen 5 as deel van die Begeleide Skrif!
Keer hierdie week elke dag terug vir nog eksklusiewe inhoud uit “The Chosen: Last Supper” in die Begeleide Skrif!
Lewensverandering vind plaas wanneer ons God deur sy Woord leer ken! Die Bybeltoep is ontwikkel sodat jy God gereeld kan opsoek.
Hier is drie maniere waarop jy hierdie jaar — met behulp van die Bybeltoep — doelbewus tyd met God kan deurbring.
In die leesarea kan jy die Skrif in groter diepte bestudeer deur kleurmerke, notas, gebede en soveel meer by te voeg. Tik ‘n Bybelvers om te begin.
Met herinnerings kan jy daagliks doelbewus ‘n tyd skeduleer om God te ontmoet. Stel ‘n herinnering in jou Bybeltoep-instellings sodat jy dit nooit misloop nie!
Soortgelyk aan sosiale media, kan jy in die Bybeltoep vriende byvoeg en saam, soos volg, in die Woord van God groei:
Staan ‘n oomblik af om oor jou jaar na te dink. Watter gedagtes en gevoelens kom by jou op?
As jy vreugde ervaar het, dank God dan vir daardie oomblikke. Indien jy moeilike tye beleef het, bring ook dit na die Here toe. God is ‘n liefdevolle Vader wat te alle tye saam met jou wil wandel.
Herinner jouself dus vandag aan daardie waarheid deur oor die 2024 Vers-van-die-jaar na te dink — die Bybelvers wat die meeste deur ons wêreldwye YouVersion-gemeenskap gedeel, gestoor en gekleurmerk is.
Ken jy iemand anders wat sal baat vind om oor die Vers-van-die-jaar na te dink? Deel dit vandag met die persoon!