‘n Gebed vir Goeie Vrydag

A Prayer for Good Friday

Die waarheid het alles verander

Stel jou voor hoe die lewe sou wees as Jesus se woorde, “dit is volbring”, werklik sy lááste woorde was. Gelukkig het Jesus nie net die waarheid gepraat nie – Hy ís die Waarheid.

Die waarheid sal uiteindelik seëvier.

“… Jesus het vir hom gesê: ‘Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie'”
(Joh. 14:6 AFR83).

Met sy dood het Jesus ons van die leuens oor sonde en skaamte bevry en ons ‘n nuwe identiteit gegee wat in sy waarheid geanker is. Dít is wat Goeie Vrydag “goed” maak.

Dink vandag daaroor na met hierdie spesiale gebed vir Goeie Vrydag.

Kom ons bid

Share this post:

Die Verlosser waarvoor jy gewag het, het gekom.

Op Palmsondag het Jesus Jerusalem binnegery – nie om leërmagte te verslaan nie, maar om sonde, skaamte en die dood te oorwin. Hy heers vandag nog steeds, en bied waarheid aan vir dié wat daarna soek, liefde vir dié wat verlore voel en lewe vir almal wat glo.

Die Heilige Week – die week wat uitloop op Jesus se offergawe en oorwinning oor die dood – begin met Palmsondag.

Verken die Heilige Week in die Bybeltoep vir die volgende agt dae, en ervaar hoe hiérdie Koning alles verander.

Maak Begeleide Skrif oop

Share this post:

Dit is tyd vir die Kersfeesuitdaging …

Die kenteken van die Kersfeesuitdaging

Met so baie wat oral gebeur, kan ons dikwels die rede waarom ons Kersfees vier uit die oog verloor.

Oordink hierdie jaar Jesus se geboorte deur die Kersfeesuitdaging en groei só nader aan God.

Voltooi enige Kersfees- of Adventleesplan gedurende Desember om die kenteken van die Kersfeesuitdaging te verwerf!

Hier is juis ‘n paar wat jou kan help om daarmee te begin:

Leesplan-ikoonOorweeg ander leesplanne

FacebookDeel op Facebook

XDeel op X

E-posDeel per e-pos

Share this post:

‘n Miljard redes om fees te vier

1 000 000 000

YouVersion se Bybeltoepassings het een miljard installasies bereik!

Een miljard Bybelinstallasies is nie net ‘n mylpaal nie. Dit is ‘n ongelooflike herinnering daaraan dat die Woord van God lewend en kragtig in ons wêreld is. Ons is opgewonde om deel van hierdie geskiedkundige oomblik te wees, en ons is werklik dankbaar teenoor jou.

Jy is deel van hierdie beweging.

Danksy mense soos jy, is dit bykans vir ons moontlik om te verseker dat almal, oral, daagliks by die Woord van God betrokke is.

Kom ons vier fees

FacebookDeel op Facebook

XDeel op X

E-posDeel per e-pos

Share this post:

Dit is amper tyd vir wêreldwye Bybelmaand!

Wêreldwye Bybelmaand

Gedurende November kom mense regoor die wêreld byeen om as deel van wêreldwye Bybelmaand die Woord van God deur daaglikse interaksie met die Skrif te vier.

Word deel van die wêreldwye beweging deur die 30-dag Bybeluitdaging te aanvaar! Deur vir 30 dae aaneen by die Woord van God betrokke te wees, sal jy die gewoonte ontwikkel om jou Bybel te lees en die eksklusiewe kenteken van wêreldwye Bybelmaand verdien.

Wêreldwye Bybelmaand

Moenie hierdie oomblik misloop nie. Skakel jou Bybeltoep se kennisgewings aan vir aanmoediging en herinneringe regdeur die maand.

Herinner my

FacebookDeel op Facebook

XDeel op X

E-posDeel per e-pos

Share this post: