Posted on 2021-09-152022-04-25 by BibleProject: Boekoorsigte: Nuwe Testament: 1 Tessalonisense – 2 Timoteus Visualiseer die reis en kerntemas van elke boek in die Bybel deur middel van ’n geïllustreerde oorsiglyn. Oorsig: 1 Tessalonisense Kyk na ons oorsigvideo van 1 Tessalonisense wat die letterkundige ontwerp van die boek en die gedagtegang daarvan uiteensit. In 1 Tessalonisense beveel Paulus die vervolgde Tessaloniese Christene om te hoop op die toekomstige terugkeer van koning Jesus wat alle dinge sal regmaak. Oorsig: 2 Tessalonisense Kyk na ons oorsigvideo van 2 Tessalonisense wat die letterkundige ontwerp van die boek en die gedagtegang daarvan uiteensit. In 2 Tessalonisense verduidelik Paulus sy vroeëre onderrig oor Jesus se toekomstige terugkeer en berispe die Christene wat besig was om die gemeenskap te ontwrig. Oorsig: 1 Timoteus Kyk na ons oorsigvideo van 1 Timoteus wat die letterkundige ontwerp van die boek en die gedagtegang daarvan uiteensit. In 1 Timoteus wys Paulus vir Timoteus hoe om orde en doelgerigtheid te herstel in die kerk van Efese wat deur valse leermeesters ontwrig is. Oorsig: 2 Timoteus Kyk na ons oorsigvideo van 2 Timoteus wat die letterkundige ontwerp van die boek en die gedagtegang daarvan uiteensit. In 2 Timoteus is Paulus naby daaraan om tereg gestel te word en bied ’n persoonlike uitdaging aan Timoteus om aan te hou om Jesus te volg, ongeag die opoffering en risiko. Share this post: