‘n Gebed vir Elkeen Wat teen Verslawing Stry

In die wêreld sal julle dit moeilik hê;
maar hou moed:
Ek het die wêreld klaar oorwin.”

Johannes 16:33

Vader God, dankie dat niks waarteen ons stry vir U onmoontlik is om te oorkom nie. Voor alles was Hy al daar, en deur Hom bly alles in stand.

Hierdie tydperk is vir ons almal moeilik, maar veral vir ons broers en susters wat teen verslawing stry. Help hulle om te besef dat hul stryd nie hul identiteit of waarde definieer nie.

Hulle is God se kinders, God het hulle geroep vir sy doel. Wys hulle dat hulle kettings gebreek is.

Help hulle om versoeking te weerstaan sodat hulle ten volle kan leef. Gee hulle u krag om aan te hou veg as hulle oorweldig voel en stuur mense na hulle toe wat hulle sal ondersteun.

Beskerm hul liggame, harte en gedagtes. Bewaar hulle teen versoeking en verlos hulle van die bose.

In die Naam van Jesus, amen.

Gebedsikoon

Bid in die Bybeltoep

Wat gee vir jou hoop?

Gespreksballon

Wees altyd gereed om ‘n antwoord te gee aan elkeen wat van julle ‘n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe.  1 Petrus 3:15

Gespreksballon

Almal hou van goeie nuus.

Jy ken seker daardie gevoel van opwinding wanneer jou hoop opvlam? Of wanneer jou hart met vrede gevul word? Of as jy bemoedig word? Mense vertel dikwels van die diep insig wat hulle in die leesplanne vind. Ook oor hoe die daaglikse versbeelde die spesifieke behoeftes in hulle lewens aanspreek.

Elke keer as jy een van daardie a-ha! oomblikke beleef, deel dit.

Deel-ikoon

Jy kan allerhande dinge in die Bybeltoep deel: Bybelverse, versbeelde, leesplanne, gebede, kentekens en inhoud van daaglikse oordenkings. (Jy kan selfs die Bybeltoep deel.) Dis so maklik! Oral waar jy hierdie deel-ikone sien, druk daarop… en laat iemand anders saam met jou daaroor goed voel.

Deel die Bybeltoep

Drie Maniere om jou Kinders te Help om by die Nuwe “Alledaagse” aan te Pas

Ma en dogter wat 'n tablet gebruik

Moenie julle kinders so behandel dat hulle opstandig word nie, maar maak hulle groot met tug en vermaning soos die Here dit wil.

Efesiërs 6:4

Ma en dogter wat lag terwyl hulle 'n tablet gebruik

As jy soos baie ouers is wat ons ken, is jou hande vol met voorbereiding van maaltye, skoolbeplanning en hantering van kinders se verveeldheid, terwyl jy ook bekommerd is oor jou werk en toekoms. Ons wil hê jy moet weet: ons is hier vir jou.

Ongeag jou kinders se ouderdomme, is dit heel moontlik dat hulle baie vrae het oor wat aan die gebeur is. Amper oornag het al die daaglikse roetines waarop hulle vir standvastigheid staat gemaak het, verander. Een van die beste dinge wat ons nou vir hulle kan doen is om ‘n nuwe “alledaagse” te vestig.

Hier is drie dinge wat jy op verskillende tye gedurende die dag kan probeer om jou kinders met die aanpassing te help:

  1. Vra jou kinders waaroor hulle dink. Luister dan.

Al sê hulle moeilike of kommerwekkende dinge, probeer om nie geskok te lyk nie. Jou kinders het ‘n plek nodig waar hulle veilig voel om in hulle eie woorde te sê wat op hulle harte is en hoe hulle voel.

  1. Wees die voorbeeld van dit wat jy in jou huis wil sien.

Sorg geestelik goed vir jouself, sodat jy in staat sal wees om jou kinders die emosionele ondersteuning te kan gee wat hulle nodig het. Hier kan jy vrede en bemoediging vir jouself vind:

  1. Bid op ‘n gereelde basis saam met jou kinders.

Gebed is ‘n gesprek met God, waar jy Hom vertel wat jy dink en voel, dinge vra wat jy nodig het en Hom bedank (selfs vir klein oorwinnings). Jy kan enige tyd bid, maar om dit soggens saam te doen, tydens etenstye en voor slaaptyd, is ‘n maklike manier om ‘n daaglikse roetine te vestig. Hier is ‘n goeie voorbeeld:

Liewe Jesus, dankie vir my gesin. Help ons om mekaar lief te hê, om vir mekaar te sorg en vriendelik te wees. Wys ons asseblief hoe ons vir ons bure en vriende lief kan wees. Dankie. Amen.


Bonus! Beplan haarfyn hoe elke dag gaan verloop.

As jou kinders aan ‘n weeklikse rooster gewoond was — met jou wat gaan werk en hulle wat skool of dagsorg toe gaan — kan die dae maar inmekaar vervaag as almal by die huis is. Om vir elke dag ‘n ander tema te gee, kan help om ‘n ritme te skep, ‘n struktuur. Hier is ‘n paar voorbeelde:

  • Boerewors Dinsdag As jy nie broodrolletjies het nie, sny die wors in die helfte en sit dit op ‘n sny brood.

  • Deurmekaar Woensdag – Trek onpaar sokkies aan. Tik “resep” in die Google soekblokkie, met ‘n lys van bestanddele wat jy het en span almal in om die gereg te maak.

  • Grappige Vrydag – Speel saam. Wees laf. Maak grappies. Kyk na ‘n grappige rolprent of TV-vertoning. Maak Vrydagaand ‘n speletjiesaand vir die gesin.

  • Spesiale Sondag – Aanbid God saam. Soek ‘n aanlyn-kerkdiens. (Baie kerke stel nou ook kinderdienste aanlyn beskikbaar.) Kyk saam na ‘n video in die Bybeltoep en gesels daaroor.

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Gee leiding aan ‘n jongmens oor hoe hy moet leef, en hy sal ook as hy al oud is nie daarvan afwyk nie.

Spreuke 22:6

‘n Gebed vir die Mense in die Spervuur

Elkeen wat in julle kring groot wil word, moet julle dienaar wees.

Markus 10:43

Dankie, hemelse Vader, vir die mense in die voorste linies wat ons gemeenskappe en families dien, versorg en beskerm. Dankie vir hierdie dienende leiers, wat vir hierdie werk geroep is, opgelei is vir ‘n tyd soos nou, wat daagliks hulle eie gesondheid en veiligheid vir ander mense op die spel plaas.

Beskerm hulle asseblief teen gevaar. Gee vir hulle moed en krag. Wees naby hulle, Here en laat hulle u teenwoordigheid ervaar tydens die lang ure wat hulle werk.

Vader, voorsien hulle asseblief met alles wat hulle nodig het, vir die mense wat hulle dien asook hulle geliefdes. Omring hulle met mense wat hulle en hulle families sal help en ondersteun, terwyl hulle onbaatsugtig vir ander sorg.

U het gesê dat ons dit moeilik sal hê in hierdie wêreld, maar ook dat U die wêreld klaar oorwin het. Here, werk asseblief saam met die mense in die spervuur, om uiteindelik die beste moontlike resultate te lewer.

In die Naam van Jesus, amen.

Gebedsikoon

Bid in die Bybeltoep

Vind Bemoediging In ‘n Leesplan oor Hoop.

As die gedurig-veranderende nuus oor die Coronavirus jou bang maak, jy ontmoedig word deur sosiale media, of oorweldig deur finansiële probleme, weet dat jy nie alleen is nie.

Soms voel dit of ons wêreld uitmekaar val en ons is nie seker waarnatoe om te gaan nie.

Hier’s bietjie goeie nuus:

As jy na hoop soek en vreugde begeer,
dis nader as wat jy besef.

Deur Jesus se opstanding het ons lewende hoop gekry wat ons siele anker in die moeilikste tye van ons lewens.

Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees!

Romeine 15:13

Het jy bemoediging nodig? Vind hoop in een van hierdie Leesplanne en nooi ‘n vriend om dit saam met jou te doen.

Nog Leesplanne oor Hoop