Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is

Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is

3  
“Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.

4  
Geseënd is dié wat treur, want hulle sal vertroos word.

5  
Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde ontvang.

6  
Geseënd is dié wat honger en dors na wat reg is, want hulle sal versadig word.

7  
Geseënd is dié wat barmhartig is, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word.

8  
Geseënd is dié wat rein van hart is, want hulle sal God sien.

9  
Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.

10  
Geseënd is dié wat vervolg word omdat hulle doen wat reg is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.

11  
“Geseënd is julle wanneer die mense julle ter wille van My beledig en vervolg en valslik al wat sleg is van julle sê.

12  
Wees bly en verheug, want julle loon is groot in die hemel. Hulle het immers die profete voor julle net so vervolg.”

Matthew 5 in Afrikaans

Matthew 5 in English

Herinner iemand dat sy bewonder word.

Jesus het hierdie woorde gesê van ‘n vrou wat Sy hart aangeraak het…

Versbeeld vir Matteus 26:10-13

Deel dit vandag… met iemand wat jou hart aangeraak het.

Jou vriend, wat altyd lyk asof hy die beste raad het…

Jou buurvrou, wat haar kinders goed grootmaak…

Daardie meisie saam met wie jy werk, wat jou altyd die waarheid sal vertel, al is dit moeilik…

Jou suster, wie jou beter ken as enigiemand – en jou nog steeds liefhet…

Jou ma, wat altyd ‘n deel van jou sal wees…

Jou dogter, wat jou inspireer om ‘n ouer te word wat haar waardig is…

Jou vrou, want jy kan nooit te veel sê: “Ek is lief vir jou” nie…

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

AflaaiLaai Prent Af

Waaraan dink jy gedurende die Vastydperk?

'n Vrou wat die Bybel op 'n selfoon lees

Werk. Skool. Verhoudings. Gesondheidsprobleme. Rekeninge. (Almal) Met so baie dinge wat in ons lewens aan die gang is, is dit maklik om afgelei te word van die dinge waaroor ons wil hê ons lewe eintlik moet gaan.

…rig jou hart op wat in die hemel is, waar Christus regeer, aan die regterhand van God. Dink na oor wat daar is, en nie wat hier op aarde is nie.

KOLOSSENSE 3:1-2


Dit klink goed!

Hoe…doen ek dit?

Tussen nou en Paassondag, kan jy elke dag ‘n paar minute in God se Woord (die Bybel) spandeer. Gedurende die dag kan jy kort-kort dink oor wat daardie woorde in jou lewe beteken. Wêreldwyd is hierdie tyd bekend as die Vastydperk. Miljoene mense sal Jesus saam met jou eerste plek in hulle harte gee.

Begin hier:

Lent Journey - Water In Die Woestyn
Ons Berei Ons Harte Voor Vir Paasfees: 'n Oordenking Tydens Lydenstyd
In ons plek: Lydingstyd leesstukkies deur \Time of Grace\
Oordenkings vir Vastydperk uit die Bybel: Mosaïek
40 Dae van Lydingstyd

Kyk Na Meer Leesplanne

Die uitslag van die 21-Dae Uitdaging is hier!

(En dit was jou beste ooit!)

21-Dae Uitdaging

Gedurende die afgelope drie weke het die wêreldwye YouVersion Gemeenskap verenig om 80,000,000 Leesplandae te voltooi – ‘n Uitdagingsrekordgetal! Die tyd wat ons saam in God se Woord spandeer het, het ons almal nader aan mekaar gebring. Meer belangrik, dit het ons nader aan Hom getrek.

Aan almal wat deelgeneem het aan die 21-Dae Uitdaging 2019: Dankie.

Om te begin was die moeilikste deel.

Maak seker dat alles afgemerk is

Behou nou net jou momentum.

Elke leesplandag wat jy vir die uitdaging voltooi het, was nog ‘n skakel in die ketting van jou Bybellees gewoonte. Hou jou doelwitte klein en eenvoudig. Probeer byvoorbeeld perfekte weke bereik. Van Sondag tot Sondag, een na die ander. Met duisende planne en dosyne tale om jou aan die gang te hou, sal jy altyd net ‘n paar klikke weg wees van jou volgende nuwe gunsteling:

Ontdek Leesplanne


Jy het die Uitdaging suksesvol afgehandel:

Lees Ikoon

Gaan na jou profiel in die Bybel Toep en kies Kentekens. As jy nie jou 21-Dag Uitdaging kenteken sien nie, moenie bekommerd wees nie! 😊 Dit neem ‘n paar dae vir almal se kentekens om te verskyn.

Die 21-Dae Uitdaging Begin NOU

21-Dae Uitdaging

Groot veranderinge begin klein.

21-Dae Uitdaging

Wat sou gebeur as jy God se Woord ‘n inspraak in jou lewe gee? Hoe sou dit wees as jy dit ‘n daaglikse gewoonte kon maak? Sal dit jou lewe verander? Kom ons vind uit. Ons sal jou wys hoe om te begin en aanmoedig op jou reis.


Begin Hier

As jy nog nie jou eerste Leesplan vir die Uitdaging gekies het nie, begin een van die Leesplanne wat ons hier onder voorstel. Oorweeg om ‘n paar vriende uit te nooi. Gaan na jou Leesplan instellings en stel jou daaglikse kennisgewing. Dis al.

Voltooi al 21 dae, sonder om enige een te mis, en jy sal hierdie jaar se 21-Dae Uitdaging Kenteken kry:

Maak seker dat alles afgemerk is

Kom ons maak nou vandag die eerste dag van jou Bybellees gewoonte.

Oswald Chambers: Vrede - Lewe deur die Gees
Hoor Van God Elke Oggend
Wysheid
Geloof
Psalms

Kyk Na Meer Leesplanne